Europese Universiteite oor 21 jaar

Universiteit van Wenen

Die hoofgebou van die Universiteit van Wenen, Oostenryk

Kurs in das Afrikaans und Landkunde Züdafrikas

Das Afrikaans ist die einzige germanische Sprache, die in Afrika entstanden ist. Im 17. Jahrhundert gelangten Beamte der Vereinigten Ostindischen Kompanie ans Kap der Guten Hoffnung, um dort zu rasten und ihre Schiffe mit Lebensmitteln für die Weiterreise nach Indonesien zu versorgen. Seit dieser Zeit trafen das Niederländische und viele andere Sprachen aufeinander und es entwickelte sich im Laufe der Jahrhunderte eine eigenständige Sprache: das Afrikaans.

Die Lehrveranstaltung, Afrikaans, befasst sich mit der Entwicklung des Afrikaans, der damit verwobenen Geschichte Südafrikas, der Kultur des Landes und den Varietäten des Afrikaans. Es werden auch einige grundlegende Sprachkenntnisse und eine kurze Einleitung in der Afrikaanse Literatur vermittelt.

Wintersemesters

AFRIKAANS: EINE ERBE AUS EUROPA, ASIAN UND AFRIKA 

StudentInnen werden in Bezug auf Land und Geschichte, eingeführt. Es ist hauptsächlich eine Einführung in die Grammatik von Afrikaans.

Somersemesters

AFRIKAANS: KULTUR UND LITERATUR AUS DER KAMERAPERSPEKTIVE 

Diese Lehrveranstaltung bietet eine Übersicht über die Entwicklung der  afrikaanse Sprache, Kultur und Literatur in südafrikanischem Kontext. Die historischen Entwicklungen sowie die Traditionen verschiedener Bevölkerungsgruppen die im Land leben, werden hervorgehoben.

Vanaf 1999 doseer Catharina (Rina) Loader, wie se moedertaal Afrikaans is, ´n proseminaar wat handel oor die Afrikaanse taal, letterkunde en Suid-Afrikaanse landkunde aan die Instituut vir Europese en Vergelykende Taal- en Literatuurwetenskappe se Nederlandse afdeling.

Noordwes Universiteits Kanseliersmedalje aan Kris van de Poel (links) en Rina Loader (regs)

Algemene agtergrond

Die Universiteit van Wenen is die grootste universiteit in Oostenryk en ook die oudste in die Duitssprekende wêreld. Die universiteit is in 1365 deur Hertog Rudolph IV gestig en staan bekend as die "Alma Mater Rudolphina".

Die universiteit vorm deel van ´n wêreldwye kontaknetwerk  tussen universiteite en bied aan die Weense student die geleentheid om met diverse akademiese instellings en kulture kennis te maak. Sokrates- en Erasmusstudente baat byvoorbeeld by dié uitruilskemas. Onlangs is met die Universiteit van Pretoria op teologiese gebied ´n ooreenkoms aangegaan wat onvermydelike kontak met die Afrikaanse taal sal meebring. Dit is in dié milieu dat Afrikaans aan die Universiteit van Wenen figureer - die enigste universiteit in Oostenryk waar dit die geval is.

Wat baat die Europese student by die aanleer van Afrikaans?

Mening van ´n student (Sabina Puchin, 2014.06.27):

Dit was werklik ´n plesier om aan die kursus deel te neem. Ek het só baie nuwe en fasinerende dinge van Afrikaans as taal en ook van die mense van Suid-Afrika geleer.
(It has truly been a pleasure to participate in this course. I have learned so many new and fascinating things about Afrikaans as a language and also about the people of South Africa.)

Kortliks kan die waarde van Afrikaans in Europese konteks as volg saamgevat word:

  • Dit is die derde grootste taal in Suid-Afrika en demografies van die Kaap tot diep in Namibië verspreid.
  • Afrikaans is een van die jongste Germaanse tale in die wêreld en met Afrikaanse kennis kan mens in Afrika´n vastrapplek en invalspoort kry om die komplekse Afrika-mentaliteit beter te verstaan.
  • Daar is vele vergelykende studiemoontlikhede op die terreine van taal, letterkunde en kultuur, ´n feit wat nog verder versier word deur verskeie variëteite van Afrikaans wat in die land aangetref word.
  • Die Afrikaanse letterkunde beklemtoon die prominensie van die uitgangspunt dat konteks en letterkunde ten nouste verbonde is.´n Bemerkingswaardige korpus van Afrikaanse letterkundige werke skilder die laaste 350 jaar in die Suid-Afrikaanse geskiedenis uit die oogpunt van verskillende belangegroepe in die land.
  • Daar is wêreldwyd interesse in die vertaling van Afrikaanse letterkundige tekste en´n studie van die Afrikaanse grammatika bied werksgeleentheid en uitdagings aan die student in vertalingswetenskappe. ´n Student in Afrikaans het met haar vertalings van Afrikaanse kortverhale in Duits geskiedenis geskryf toe sy met die eerste prys in ´n vertalingskompetisie van die stad Wenen weggestap het.

Afrikaanse biblioteekboeke

Die Weense biblioteek spog deesdae met ´n redelik groot versameling van Afrikaanse boeke soos   woordeboeke, literêre werke en vakliteratuur. Vir dié voorreg is ons die volgende borge dankbaar:

  • Die Taalsekretariaat
  • Die Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns
  • LAPA Uitgewers (ATKV) 
  • Noordwes Universiteit
  • Private skenkings

Projekte bring Afrikaans telkens in die kollig

Verskeie gaslesings en ´n seminaar is in die loop van tyd van stapel gestuur.

Goeie samewerking is opgebou met die Departement Afrikanistiek van die Universiteit van Wenen, die Salzburgse Universiteit, Departement Anglistiek en verskillende letterkundige verenigings in Oostenryk.

Daar is ook noue samewerking met die Zuid-Afrikahuis in Amsterdam.

In Suid-Afrika word die werk in Wenen deur die Noordwes Universiteit in Potschefstroom ondersteun.

Afrikaans is ook vanuit Wenen in Hongarye bevorder.

Besondere erepenning van die SA Akademie 2021: ’n onderhoud met Rina Loader

Afrikaans in die buiteland: ’n onderhoud met Rina Loader van die Universiteit Wenen, Oostenryk (2018)

Hersien Oktober 2022

© Catharina Loader 2001