Brokkies van heide en verre

Prof. Bertha Spies stuur vir Afrikaans in Europa met tussenposes nasionale en internasionale nuusbrokkies, aktuele diskussies en artikels uit die Suid-Afrikaanse musiekwêreld

Sy is tans ’n buitengewone professor in musiek aan die Universiteit van Pretoria. Vroeër was sy ’n navorsingsgenoot en medeprofessor in musiekteorie aan die Noordwes-Universiteit. Van 1967 tot 1974 was sy verbonde aan die Departement Musiekwetenskap van die Universiteit van Suid-Afrika en vir 18 jaar het sy ook musiekteorie op Unisa se Komitee vir Musiekeksamens verteenwoordig. Meeste van die referate wat by nasionale en internasionale kongresse gelewer is, het as artikels in geakkrediteerde tydskrifte verskyn. In die 1980’s het Bertha Spies 'n boek oor die didaktiek van harmonie en 'n werkboek vir studente gepubliseer en in 1994 die Musikhane gemeenskapsprojek by die destydse Potchefstroomse Universiteit vir CHO begin, ’n projek waaruit die Musikhane-orkes ontstaan het.

Dié uitdrukking 'van heinde en verre' in Afrikaans is 'n voorbeeld van 'n erfenis uit Nederlands. Sommige meen dit kom van die gebruik om persoonlike eiendom op die verste grens te omhein. Daar is ander wat wil hê dat 'heinde' iets soos 'in die buurt' beteken. Vandag bedoel sprekers egter daarmee 'van alle kante' of 'van oral vandaan'.

En dit is ook van Musiek in konteks nastreef - interessante inligtig uit alle oorde oor alle musikale onderwerpe wat in Suid-Afrika 'n inpak het.

Prof. Spies (meer inligting oor haar onder 'Ondersteuning/Medewerkers') stuur dus vir ons nasionale en internasionale nuusbrokkies, aktuele diskussies en artikels uit die Suid-Afrikaanse musiekwêreld .

 

Wat beteken van 'heinde en verre'?

  • In Afrikaans is dié uitdrukking 'n voorbeeld van 'n erfenis uit Nederlands en moeilik om etimologies na te speur.
  • Een bron meen dat persoonlike eiendom in die 17de eeu dikwels aan die verre einde daarvan omhein is en dat die spreekwyse daarvandaan ontwikkel het.
  • 'n Ander bron beskryf die Nederlandse 'heinde' as die derde naamval van 'hand' en daarom sou dit 'bij de hand, in de buurt' beteken.
  • Vandag bedoel sprekers egter daarmee 'van alle kante' of 'van oral vandaan'.

En dit is ook wat hierdie afdeling van Musiek in konteks nastreef - interessante inligting uit alle oorde oor alle musikale onderwerpe wat in Suid-Afrika 'n inpak het.

Bronne

http://www.goeievraag.nl/vraag/wetenschap/taal/betekent-heinde-heinde-verre.51017
dbnl.org/tekst/stoe002nede01_01/stoe002nede01_01_0...
cultureelwoordenboek.nl/index.php?lem=312


Gepubliseer Julie 2013

 

© Catharina Loader 2001