Huberte Rupertprys vir klassieke musiek

Die prys is in 2006 ingestel en is moontlik gemaak deur 'n jaarlikse kontantskenking van Die Rupert Musiekstigting. Die veld van toekenning dek die klassieke musiek.

Die prys is jaarliks beskikbaar en enige van die afdelings in klassieke musiek kan in aanmerking kom, bv.:

Klawerbord (orrel, klavier, klawesimbel)
Strykers (viool, ens.)
Sangers
Blaasinstrumente (fluit, trompet, ens.)
Opleiers van klassieke kunstenaars

Die prys mag meer as een maal aan 'n persoon toegeken word.

Toekennings

2007 prof. G.W.R. Nel    (Werner)

2008 prof. H.J. Stanford  (Joseph)

2009 prof. Albie van Schalkwyk

2010 prof. Ella Fourie

2011 prof. H.H. van der Spuy     (Hubert)

2012 prof. Peter Klatzow

2013 prof. W.D. Viljoen  (Wim)

In Tukkievaria 2013 (Julie 2013, Volume 30, Nommer 3) staan die volgende:

Prof Viljoen is ’n alumnus van die universiteite van Pretoria en Kaapstad waar hy die BMus-, MMus- en DPhil-grade behaal het.

Hy het sy orrelstudie vir twee jaar in Parys voortgesit onder die bekende Franse orrelis, Marie-Claire Alain. Hy het al as orrelis in Engeland, Frankryk, België, Nederland, Duitsland, Oostenryk,Switserland en die Tsjeggiese Republiek opgetree.

Prof Viljoen lewer landswyd ’n belangrike bydrae tot die verhoging van die standaard van orrelspel en -onderrig.

 

Gepubliseer: 26 September 2013