Belangegroepe in Europa

Behalwe by Suid-Afrikaanse Ambassades en die universiteite waar Afrikaans en Afrikaanse landkunde doseer word, is daar op verskeie plekke in Europa organisasies te vinde wat inligting aan die publiek verskaf. Soms besit so ´n organisasie selfs ´n klein biblioteek met boeke oor´n verskeidenheid van onderwerpe.

Internasionale Vereniging Afrikaans (IVA): 

http://www.iva.org.za/

In Oostenryk

Friends of South Africa (FoSA) - Dié Oostenrykse/Suid-Afrikaanse vereniging is in Wenen op 21 Maart 2002 gestig en is ´n groep van indiwidue van alle nasionaliteite, in besonder Oostenrykers en Suid-Afrikaners, wat ´n gedeelde interesse in Suid-Afrika het.

FoSA is ´n onafhanklike organisasie sonder politieke of religieuse affiliasie. Vir ´n minimale lidmaatskapfooi kry lede ´n nuusbrief, het hulle ook toegang tot samekomste (afslagpryse), reg op inligting en informasie soos beskikbaar. Die groep funksioneer as ´n klankbord en mondstuk vir alle aspekte van Suid-Afrikaans kultuur en hulle beywer hulle daarvoor om kennis ten opsigte van die twee lande uit te bou. Projekte word ook aangepak om die vereniging se sosiale bewustheid uit te druk en hulle soek na geleenthede om ´n praktiewe verskil te maak in indiwidue se lewens.


SADOCC - Südafrikanische Documentation Centrum, Wien.

In Nederland

Die Suid-Afrika Huis in Amsterdam huisves nie alleen ´n uitgebreide biblioteek oor Suid-Afrika nie, maar ook belangrike instellings wat die verhoudinge tussen Nederland en Suid-Afrika bevorder:

Daar word ook 'n kursus in Afrikaans vir beginners aangebied bestaande uit 8 lesse.

Digitale Biblioteek Nederlands

Ons Erfdeel - Nederlandse tydskrif met moontlike artikels aktueel vir Afrikaans.

Hersien: 2015

© Catharina Loader 2001