Die val van Apartheid is afgerond met die nuwe Grondwet van Suid-Afrika (goedgekeur deur die Konstitusionele Hof op 4 Desember 1996 en geldig vanaf 4 Februarie 1997) is op papier een van die mees progressiewe dokumente van dié soort in die wêreld en word as sodanig in die res van die wêreld hoog aangeskryf.

Die inleiding tot die konstitusie roep op tot:

  • die heling van skeiding soos veroorsaak deur die verlede en die inrigting van´n samelewing gebaseer op demokratiese waardes, sosiale geregtigheid en fundamentele menslike regte;
  • verbetering van die lewenskwaliteit van alle burgers waar die potensiaal van elke persoon bevry is;
  • die ontwikkeling van´n demokratiese en deursigtige samelewing gebaseer op die wil van landsburgers waar elke burger op gelyke basis deur die wet beskerm word;
  • die bou van´n demokratiese Suid-Afrika wat in staat is om sy regmatige plek onder die nasies in te neem.

Fundamentele menslike regte en die vryheid van die indiwidu word deur die Konstitusionele Hof beskerm en moet ook toesien dat handeling van die regering in ooreenstemming met hierdie bepalings bly.

Die land word regeer op nasionale, provinsiale en plaaslike vlak terwyl die magte van die wetgewende, uitvoerende en juristiese outoriteite onafhanklik van mekaar optree.

Bron: Nuusbrief van die Suid-Afrikaanse Ambassade, Wenen, Desember 2003, Vol. 2, pp. 33, 34.

 

Die belangrikste politieke partye

Christelike Afrika Demokratiese Party/African Christian Democratic Party
Afrika Nasionale Kongres/African National Congress
Demokratiese Party/Democratic Party
Federale Alliansie/Federal Alliance
Groenparty/Green Party
Herstigte Nasionale Paryte/Herstigte National Party
Inkatha Vryheidsparty/Inkatha Freedom Party
Nuwe Nasionale Party/New National Party
Pan Afrika Kongres/Pan African Congress
Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party/South African Communist Party
Verenigde Demokratiese Beweging/United Democratic Movement

© Catharina Loader 2001