Geskiedenis

Tydlyn met prominente gebeure in die land

Pre-1500

Belangrikste historiese datums sedert die toetrede van Europeërs in Suid-Afrika

1486: Bartholomeu Dias ontdek die Kaap van Goeie Hoop

1497: Vasco da Gama vaar rondom die Kaap en ontdek die seeweg na Indië

1652: Jan van Riebeeck vestig die eerste Nederlandse nedersetting aan die Kaap in opdrag van die VOC

1688: Hugenote vlugtelinge vestig hulle aan die Kaap

1691: Slawe kom onsuksesvol in Stellenbosch in opstand.

1795: Die eerste Britse besetting van die Kaap

1803: Die Betaafse periode

1806: Die tweede Britse besetting van die Kaap

1820: Die aankoms van 4 000 Britse setlaars in die Kaap

1836: Die begin van die Groot Trek van die Boere na die binneland van Suid-Afrika

1860: Opening van die eerste spoorlyn in Suid-Afrika; die aankoms van die Indiërs om in die Natalse suikerplantasies te werk

1867: Ontdekking van diamante

1880: Die Eerste Anglo-Boere oorlog

1886: Die ontdekking van goud en die stigting van Johannesburg

1899: Die Tweede Anglo-Boere Oorlog

1910: Totstandkoming van die Unie van Suid-Afrika (31 Mei) en die aanvaarding van die eerste grondwet vir die hele Suid-Afrika

1912: Stigting van die ANC (8 Januarie)

1919: Verdrag van Versailles plaas Suidwes-Afrika onder die mandaat van die Suid-Afrikaanse parlement

1925: Afrikaans word die tweede offisiële taal van die land

1936: Totstandkoming van die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie, die nasionale radiodiens

1948: Die Nasionale Party wen die verkiesing en D.F. Malan volg J.C. Smuts as Eerste Minister op

1956: Aanvaarding van die Freedom Charter (26 Junie)

1959: Stigting van die Progressiewe Federale Party

1960: Swart onluste (Sharpeville) word deur die regering onderdruk

1961: Totstandkoming van die onafhanklike Republiek van Suid-Afrika en die uittrede van Suid-Afrika uit die Statebond

1966: B.J. Vorster volg die vermoorde H.F. Verwoerd op as Eerste MInister

1975: Mosambiek en Angola word onafhanklik

1976: Transkei word die eerste onafhanklike tuisland en word in 1977 opgevolg deur onafhanklikheid vir Bophuthatswane en in 1979 vir Venda en in 1981 word ook die Ciskei onafhanklik

1976: Ernstige opstande in swart woongebiede

1980: Die Presidentsraad vervang die Senaat en dui op die aanvang van grondwetlike veranderinge in Suid-Afrika, Zimbabwe word onafhanklik

1983: Die Nuwe Grondwet van Suid-Afrika word goedgekeur en tuislandbeleid se doodsklokke lui, vorming van die United Democratic Front

1984: In terme van die Nuwe Grondwet word Bruinmense en Indiërs in die wetgewende en uitvoerende regeringsprosesse ingesluit en die Nkomati Akkoord word met Mosambiek gesluit in die raamwerk van die regering se Detente-beleid

1985: Hernude onrus in die swart woongebiede en botsings met die polisie, PW Botha se rubicon-toespraak en aanvang van ontmoetings met Nelson Mandela

1987: Dekar Beraad tussen ANC leiers en Afrikaanse opiniemakers (Julie)

1986: Afskaffing van die eerste sg "apartheidswette" soos die instroombeheerwette en die paswette.

1989: Mandela en Botha ontmoet in Tuynhuis (5 Julie)

1989: Harare Deklarasie (21 Augustus), eerste offisiële ontmoeting tussen verbanne ANC-lede en die NP in Luzanne (21 September), FW de Klerk word Staatspresident (14 September)

1989: Val van Berlynse muur (November), ontmoeting tussen De Klerk en Mandela (13 Desember)

1990: Namibië word onafhanklik

1990: Harmse Kommissie word aangestel om staatsgeweld te ondersoek (Januarie)

1990: De Klerk open die parlement, kondig die vrylating van Mandela en ander politieke leiers aan (2 Februarie)

1990: Groote Schuur ontmoeting tussen Mandela en De Klerk (5 Mei)

1991-1993: Aanvang van grondwetlike samesprekings in Kemptonpark, interm regering van NP en ANC

1992: Referendum (17 Maart), Boipatong opstand (17 Junie)

1993: Sluipmoord op Chris Hani (10 April)

1993: Oproer onder die Afrikaanse Weerstandsbeweging (AWB) op 25 Junie

1993: Die parlement keur die Interm Konstitusie goed

1994: Verregse opstand in Bophuthatswana (Maart), eerste demokratiese verkiesing (27 April) wat die ANC wen en Nelson Mandela word die swart staatshoof van die Republiek van Suid-Afrika

1994-1996: Konstitusionele Vergadering skryf die nuwe grondwet

1996: Finale grondwet word geteken (10 Desember)

1995: Truth and Reconcilioation Committee begin sy werksaamhede

1999: Thabo Mbeki volg Nelson Mandela op as staatshoof en leier van die ANC, NP verloor status as amptelike opposisie

2004: Nasionale feesvierings ter ere van 10 jaar demokrasie

2008: Jacob Zuma volg Mbeki op en ´n turbulente era begin

2015: 21 jaar demokrasie