Afrikaans in Europa

Kremetart- of Baobabboom op pad na Bateleurkamp in die Nasionale Krugerwildtuin (foto: Rina Loader)

Welkom by die webtuiste met alles en nog wat oor Afrikaans en die land waar dit  hoofsaaklik gepraat word, Suid-Afrika.

As die derde jongste offisiëel erkende Germaanse taal van die wêreld speel dit in Europese konteks 'n toenemende rol. Hierdie blad bestaan sedert Maart 2001, eers bekend as Euro-Afrikaans en later as  Afrikaans in Europa. Dit het in die afgelope 21 jaar sy voortgang te danke aan ondersteuning van die Nederlandiste aan die Universiteit van Wenen en jare se ondersteuning van die Noordwes Universiteit se Kanselierstrust.


Do you speak Dutch, German or "Plattdeutsch"? 

Lesen Sie dann unbedingt weiter! Sie werden sicher etwas verstehen!


Do you speak English and would you like to speak Afrikaans and learn the most important grammar rules?

Learn more about Afrikaans by following the link to this new publication: Kortpad-Afrikaans.
This book is a basic grammar of Afrikaans with summaries in English and part of the series Afrikaans Tiptop-reeks.

The first Workbook Kortpad-Praatjies I has just been published by UJ Press.


Wie können Sie uns erreichen?

Über "Kontak"
Über Facebook, Afrikaans in Europa


Doelstellings van Afrikaans in Europa (AiE) is die volgende: 

  • Om  wêreldwye kontaknetwerke op te bou waar akademiese en kulturele wisselwerking tussen Afrikaans in Europa en universiteite, institute, kolleges, tegnikons, skole, organisasies, verenigings, klubs, diverse belangegroepe en indiwidue bevorder kan word.
  • Om praat, skryf en lees in Afrikaans te stimuleer deur die Afrikaans Tiptop-Taalreeks (ATT-Reeks) elektronies te ondersteun met onder andere klankopnames deur Leon van Nierop en Suid-Afrikaanse akteurs aangebied word.
  • Om as inligtingsforum vir die studie van Suid-Afrikaanse landkunde te dien om só die land se diverse tale, kulture en interessanthede stelselmatig bekend te stel en só te verseker dat Suid-Afrikaanse tale in hulle eie unieke konteks waardeer kan word.

Medewerkers aan die blad (in die loop van sy ontwikkeling) Uitnodiging om saam te werk

  • Nederlandistiek Universiteit Wenen - Catharina (Rina) Loader
  • Prof. Wannie Carstens, Potchefstroomkampus, Noordwes-Universiteit, Potchefstroom, Suid-Afrika
  • Prof. Ghislain Ducháteau, Hasselt, België
  • Prof. Bertha Spies, Suid-Afrika

Uitnodiging om saam te werk 

Die redaksie van Afrikaans in Europa (AiE) baie afhanklik van vrywillige medewerking van belangstellendes in Afrikaans en Suid-Afrika. Ons nooi u dus uit om hierdie forum te ondersteun.

Hoe kan u dit doen?

  • U is welkom om artikels, berigte en foto´s aan ons te stuur op die gebied van Afrikaanse taal en letterkunde asook Suid-Afrikaanse landkunde.
  • U bydrae kan geskryf wees in Afrikaans, Engels, Duits of Nederlands.
  • U behou outeursreg.
  • Indien u artikel reeds elders gepubliseer is, kan u dit vir herpublikasie voorlê om op dié wyse u werk aan ´n nuwe leserskring bekend te stel. Dit moet slegs vergesel word van ´n  bibliografiese verwysing en skriftelike toestemming van die betrokke kopiereghouer dat dit weer op Afrikaans in Europa mag verskyn.

Ons ontvang ook baie graag die volgende:

  • Foto's waarvoor ons skriftelike toestemming van die oorspronklike fotograaf/uitgewer benodig om dit te mag gebruik. ´n Voorstel vir die byskrif (indien enige) en datum waarop foto geneem is, is ook baie welkom.
  • U eie gedigte, kortverhale, kort dramas.
  • Kreatiewe voorstelle.

 

Webversorging

Catharina (Rina) Loader is vir die bou en onderhoud van die blad verantwoordelik asook vir die saamstel, keuring en publikasie van die stof. Indien geen ander outeur vermeld is nie, is die teks deur haar geskryf. Alle korrespondensie kan aan haar gerig word.

Menings opgeneem in die blad weerspieël nie noodwendig die standpunte van die Nederlandiste aan die Universiteit van Wenen, of dié van Noordwes Universiteit nie, óf die webmeester nie.

Hersien: Oktober 2022