Skrywersalbums

Alles oor die jongste skrywers en boeke vind u op die volgende skakels:

1.   LitNet skrywers en boeke

2.   Versindaba

      Oogmerke:

  • Om nie net die stand van die Afrikaanse digkuns soos dit tans daaruit sien, te reflekteer nie, maar ook om deur middel van dié blootstelling by te dra tot die breër ontwikkeling van die Afrikaanse digkuns. Dit bly derhalwe ons voorneme – soos met die fees – om alle digters van wie daar ‘n nuwe bundel by ‘n gevestigde uitgewer verskyn, by die webblad te betrek. Uitsonderings word wel gemaak indien ‘n selfpublikasie verdienstelik is, of by ‘n nis-uitgewer verskyn het.

  • Om as interaktiewe ruimte te funksioneer tussen die Afrikaanse digkuns en die digkunste van ander wêrelddele en derhalwe die meer prominente sigbaarheid vanAfrikaanse digkuns in die internasionale wêreld van die poësie te beding. Uiteraard sal die kwessie van vertaalde verse en onderlinge skakeling ten opsigte hiervan van kardinale belang wees.

  • Om ‘n virtuele databasis en dokumentasie-sentrum vir die Afrikaanse digkuns te vestig vir die gebruik van navorsers, studente, onderwysers en ook skoliere. Hierdie aanbod sal wissel van toeganklike, informerende stukke tot indringende plasings van ‘n aanvaarbare akademiese standaard. 

 

3. Skrywersonderhoude elders

3.1      Klimtol - Nieuwe roman van Etienne Van Heerden

ttp://www.etiennevanheerden.co.za/news.html

Ghislain berig uit België:

Op 23, 24 en 30 oktober 2013 stelde de romanschrijver zijn nieuwe roman voor respectievelijk in Bloemfontein, Pretoria en Stellenbosch. In de media verschenen recensies en werd de auteur geïnterviewd zowel voor de televisie als voor kranten en tijdschriften.

In haar recensie in Die Burger, Beeld en Volksblad karakteriseert Annemarié van Niekerk het werk als volgt:

"Van Heerden se Klimtol is ’n pragtige, oortuigende en onthutsende roman met elemente van die speurverhaal, ’n verhaal oor die hardepad wat die lewe soms met mens loop, maar ook oor spel en ekstase, en die plek waar mens jouself vind as jy jouself verloor … daardie plek waar jy jou rede laat skietgee en blindelings vertrou. Dit is ’n konfronterende roman oor oorlewing, skuld en boete (individueel en gemeenskaplik), oor medepligtigheid en medemenslikheid. Klimtol, een van die hoogtepunte in Van Heerden se oeuvre, is boonop ’n mooi ode aan die eenvoud van die vissersdorplewe en die Weskus." – Annemarié van Niekerk.