Algemeen

'n Paar steel-kykies in die wêreld van Suid-Afrika

Bevolking
Sowat 50,59 miljoen.

Buurlande
Botswana, Lesotho, Mosambiek, Namibië, Swaziland, Zimbabwe

Etniese groepe
Swart 79.5%, Wit 9%, Bruin (Kleurling) 9%, Indiërs/Asiërs 2.5%

Gelowe
Christelik 79.8% (die meestal wit en kleurling, omtrent 60% van swart en 40% van Indiërs), Islam 1.5%, Hindu 1.2% (60% van Indiërs), Judaisme 1.2%, ander 0.6%, geen geloof 15%, onseker 1.4%

Tale
11 amptelike tale: Afrikaans, Engels, Ndebele, Noord Sotho, Sotho, Swazi, Tsonga, Tswana, Venda, Xhosa, Zulu

Regeringstelsel
Die owerheid is ingedeel in 3 vlakke: Nasionale Vergadering (400 setels); Raad van Provinsies (90 setels) met wetgewende mag (premier en 'n aantal lede) en lokale vlak (munisipaliteite).

Die Parlement is die wetgewende gesag, die Ministerie is die uitvoerende mag en dan is daar nog die oorkopelende geregtelike mag.

Hoof van die land is 'n staatspresident en hy is ook leier van die Kabinet en word deur die Nasionale Vergadering gekies.

Die Kabinet bestaan uit die President, die Vise-President en die Ministers (gekies deur die President uit lede van die Nasionale Vergadering).

3 hoofstede

Pretoria is die administratiewe hoofstad. In Kaapstad setel die wetgewende parlement en Bloemfontein is die juridiese hoofstad.

9 provinsies

Elke provinsie van Suid-Afrika het sy eie hoofstad:

Wes-Kaap, met die hoofstad Kaapstad
Oos-Kaap, met die hoofstad Bisho
KwaZulu-Natal, met die hoofstede Pietermaritzburg en Lundi
Noord-Kaap, met die hoofstad Kimberley
Vrystaat, met die hoofstad Bloemfontein
Noord-Wes, met die hoofstad Mafikeng
Gauteng, met die hoofdstad Johannesburg
Mpumalanga, met die hoofstad Nelspruit (Mbombela)
Limpopo, met die hoofstad Pietersburg (Polokwane)

Behoort ook aan Suid-Afrika

Robbeneiland & die Prins-Edward- en Marioneilande in die Antartika.

Huidige regeringshoof
Pres. Jacob Zuma van die heersende regeringsparty, die ANC (African National Congress)

Hawens
Kaapstad, Durban, Oos-Londen, Mosselbaai, Port Elizabeth, Richardsbaai, Saldanha

Lughawes.

Internasionale lughawes is O.R. Thambo naby Johannesburg, die Kaapstadse Internasionale Lughawe en die Internasionale Lughawe Durban. Daar is nog´n verdere 724 ander lughawes van wisselende groottes in die land.

Ouderdomstruktuur
0-14 jaar: 31.6% (manlik 6,943,761; vroulik 6,849,745)
15-64 jaar: 63.4% (manlik 13,377,011; vroulik 14,300,850)
65 jaar en oor: 5% (manlik 816,222; vroulik 1,360,069) (2002)

Bevolkingsgroeikoers
Voorspel vir 2010 is 2%.

Lewensverwagting by geboorte
totale bevolking: 45.43 jaar
manlik: 45.19 jaar
vroulik: 45.68 jaar (2000)

Vrugbaarheidsyfer
2.38 kinders/vrou (2002)

Geletterdheid
(15 jaar en ouer wat kan lees en skryf)
totale bevolking: 85%
manlik: 86%
vroulik: 85% (2000)

Feesdae

Suid-Afrika het nasionale vakansiedae op bv Nuwejaarsdag, Paasdag, Kersdag, Menseregtedag, Familiedag, Vrouedag

6 Wêrelderfenisgebiede
-  Robbeneiland (1999), naby Kaapstad, Wes-Kaap
-  Fossielterreine (1999). Sterkfontein, Swartkrans, Kromdraai en omgewing van Johannesburg, Gauteng
-  Groter St. Lucia Vleilandpark (1999), Maputuland, KwaZulu-Natal
-  uKhahlamba/Drakensbergpark (2000), Drakensberg, ooste van KwaZulu-Natal
-  Mapungubwe-kultuurlandskap (2003), Limpopo
-  Kaapse Blommeryk (2004), agt beskermde gebiede in die Wes-Kaap en die Oos-Kaap

Ekonomie

Die ekonomie word ondersteun deur veral mynbou, landbou, wynbou, verwerkende nywerhede en toerisme

SA se kreeftegang op indekse (SA se rol in die G20 kom hier ter sprake)

Enkele statistieke

BBP (KKP): Totaal - VSA $467.95 bn (18de); Per capita 2007 skatting - VSA $10 600(55ste)

onder VSA $2 per dag: 42.9%

Werkloosheidssyfer 2008: 23%

Gemiddelde groeikoers 2011-2014: 3 – 3,5% p j

Sport en ontspanning

Belangrikste is rugby en sokker, krieket, watersport, motorsport en atletiek.

Kunsfeeste

Om 'n paar te noem: FNB Dance Umbrella, Cape Town Jazz Festival, Klein Karoo Nationale Kunstefees, Splashy Fen, National Arts Festival, Joy of Jazz, Arts Alive, Aardklop Arts Festival, Woodstock, Gariep Kunstefees, Awesome Africa Music Festival

Diverse nasionale simbole

nasionale dier: springbok
nasionale voël: bloukraanvoël
nasionale vis: galjoen
nasionale blom: koningsprotea
nasionale boom: geelhoutboom

Bronne
Vir uitgebreide statistieke sien Widipedia, die vrye ensiklopedia

Van Lill, D., Wonderlike Afrika, LAPA Uitgewers, Pretoria 2005, p. 173

Jac Laubscher, Groepekonoeem Sanlam: www.agrimark.co.za/conf_2010/downloads/day1/05%20jac_laubscher.pdf

maroelamedia.co.za/blog/nuus/suid-afrika-bevolking-oor-50-miljoen/

 

Opgradeer: Junie 2013

© Catharina Loader 2001