Steun uit Suid-Afrika

In die begin - 'n paar boeke, 'n paar rakke

By alle Europese universiteite  was (en is) 'n Afrikaanse boek kosbaar. Die dag toe ek begin het om Afrikaans in Wenen te doseer was die somtotaal van Afrikaanse boeke in die biblioteek twee en 'n halwe rak - en baie daarvan kookboeke.

Intussen het die Weense boekeversameling stadig maar seker aangegroei. Behalwe vir boeke geskenk deur die Taalsekretariaat en die PUK-Kanselierstrust het ook ander organisasies en indiwidue ons ondersteun.

Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Taal, Kultuur en Wetenskap het die werke van skrywers uit die vroeëre periodes van die Afrikaanse letterkunde aangestuur.

Die Uitgewer LAPA het weer gekonsentreer op boeke met kennis van land en mens.

Dié tipe van ondersteuning uit Suid-Afrika dui op die positiewe samewerking tussen Europese en Suid-Afrikaanse instansies en universiteite.

Alhoewel ek skryf vanuit my Weense ervaringsveld, weet ek dat ook Nederlandse, Poolse, Duitse en Tjeggiese Universiteite nie in Suid-Afrika vergeet is nie.

Catharina Loader
Januarie 2016

 © Catharina Loader 2001