Wat is kultuur, identiteit en erfgoed?

Kultuur, identiteit en erfgoed het te doen met lewenswyse (way of life), gedeelde gewoontes, tradisies en herinneringe van 'n groep mens.

Omskrywing van kultuur

Die definisie van UNESCO - United Nations Educational, Scientific and Cultural Organization, 2002):

"... culture should be regarded as the set of distinctive spiritual, material, intellectual and emotional features of society or a social group  ... it encompasses, in addition to art and literature (also) lifestyles, ways of living together, value systems, traditions and beliefs".

Mens kry talle omskrywings van wat kultuur nou eintlik is, en dit kom kortliks neer op die volgende:

  • Kultuur is dit wat oorbly nadat jy vergeet het wat jy opsetlik geleer het.
  • Dit is die ganse geestelike besitting van 'n volk op elke lewensterrein.
  • Dit omvat geesteslewe en beskawingstoestand.
  • Dit word van een generasie tot die volgende oorgedra.
  • Dit is nie staties nie en verander - uitgediende gebruike word agterlaat en nuwes aangeneem.
  • Dit dui op 'n groep se manier van optrede, oortuigings, waardes, tradisies, kleredrag, persoonlike versiering (grimering, juwele), onderlinge verhoudings en spesiale simbole en kodes.

Omskrywing van identeit

 

Identiteit verwys na die karaktertrekke van die indiwidu soos beinvloed deur familielede en sosiale leefwêreld. Geslag, beroep, ouerskap, ras, ekonomiese moontlikhede is alles dinge wat identiteit beinvloed. Dit is ook altyd aan die verander.

Omskrywing van erfgoed

Elke indiwidu het - 

  •  'n persoonlike erfenis (geërf van sy voorouers);

  • 'n nasionale erfenis (soos bepaal deur die land en kontinent van geboorte);

  • 'n natuurlike erfenis wat te doen het met natuurskoon (natuurterreine is o.a. hier ter sprake, soos die St. Lucia-meer en wildsparke) en natuurlike hulpbronne (soos goud, yster, ens.

  • Kultuurerfenis verwys na die kreatiewe energie van mense (monumente, argitektuur, musiek, kleredrag, die "Cradle of Humankind" by Swartkrans, Sterkfontein en Kromdraai in Gauteng, ens.).

Vir 'n meer uitgebreide bespreking van hierdie temas: Kliek hier.

Bronne

2006: http://www.sahistory.org.za/cultural-heritage-religion/defining-culture-heritage-and-identity
2012: http://www.sahistory.org.za/what-are-heritage-culture-and-identity
 

Catharina Loader
2006, hersien 2012

© Catharina Loader 2001