Fettnäpfchenführer Südafrika - Elena Beis

My name is not sisi.

Kulturkollision x 11

Hutspot van wyduiteenlopende kulture

Een van Suid-Afrika se fassinerendste kenmerke is die ryk verskeidenheid van kulture wat daar aangetref word. In 'n South Africa Profile van die BBC lees mens die volgende:

"Diversity is a key feature of South Africa, where 11 languages are recognised as official, where community leaders include rabbis and chieftains, rugby players and returned exiles, where traditional healers ply their trade around the corner from stockbrokers and where housing ranges from mud huts to palatial homes with swimming pools."

Nie alleen is Afrika-kulture dus voor die handliggend nie. Ook kulturele raakpunte wat Asië en Europa en Suid-Afrika bind, is onontkenbaar. Die Engelse historiker, Paul Johnson, wys op hierdie belangrike aspek van die Suid-Afrikaanse kultuur:

"South Africa is in many ways a typical African country. More important, it is a microcosm of the world".

Dié uitspraak is nie oordrewe nie, want net so gevarieerd soos die topografiese bou van die landskap is, so ook is die kulturele gesig van die mense wat in Suid-Afrika woon.

Kyk ´n mens bv na die argitektuur van die land sien jy hoe dit vanuit die staanspoor beïnvloed is deur die klimaat, beskikbare boumateriaal en sosial-kulturele gewoontes. Vanuit Europa het verskillende kunsstrome die boustyle in Suid-Afrika beïvloed (Romaans, Goties, Rokoko, Neo-Klassisisme, Barok). 

Die boustyl van die ander bevolkingsgroepe verskil dan ook hemelsbreed van dié van die Europese afstammelinge. Die San se hutte is gemaak van blare en takke en is boonop deur die vroue gebou. Die nomadiese Khoi se hutte was lig van gewig, draagbaar en eenvoudig sodat dit vinnig opgebreek kon word. Die Bantoegroepe se huise wissel van byekorfvormige strukture tot meer moderne 'rondawels'. Eers is gras en riete gebruik, later is die mure van klei gebou en eers heelwat later is stene gebruik.  Die Bruinmense se boustyl (bv hulle vissershuise) neig meer na die Europese erfenis - reghoekige plat rietdakhuise met 'n eiesoortige karakter.

Vanuit die Europese milieau was (en is) Nederland en België die hoofrolspelers. Baie van hulle tipiese kulturele kenmerke is in die Suid-Afrikaanse samelewing terug te vind -  onontkenbaar met ´n sterk Afrika-kleur getint. Dié feit kan mens veral duidelik bemerk in die Afrikaanse taal. Die Hasseltse professor, Luc Renders, stel hierdie kruisbestuiwingsproses as volg onder woorde: “Zoals het Nederlands intrinsiek deel uitmaakt van het verleden van het Afrikaans, zo behoren de culturele producten die een stamverwante taal heeft voortgebracht onze belangstelling te wekken. De Afrikaanse voedingsbodem en het gehalte van de Afrikaanse cultuur staan borg voor een verrijkende ervaring.”

Kyk  ons bietjie wyer na die kulturele prentjie, sien ons dat Suid-Afrika, net soos op alle ander terreine,  nog steeds in´n proses van oorgang en aanpassings is. Die kulturele landskap is steeds ver verwyderd van die ideaal om alle bevolkingsgroepe onder die oorkoepelende sambreel van´n multi-kulturele samelewing saam te snoer. Dit is te hope dat respek vir elke groep in Suid-Afrika se eie karakter behoue sal bly omdat die krag van die Suid-Afrikaanse landskap juis in sy diversiteite vinde is.

In die hieropvolgende bladsye kyk ons dus kortliks na die geskiedenis, bydrae tot kookkuns, godsdiens, feeste, kuns, musiek, dans, taal, tradisionele dorpies en nedersetting, oorlewerings, skeppende skryfwerk, bekendste skrywers en sprekende foto's van die verskillende bevolkingsgroepe.

Dis 'n projek wat hopelik met die tyd sal groei en hopelik sal daar telkens wanneer u ons blad besoek, ietsie nuuts te lees wees.

Interessante skakels oor die verskillende temas word stelselmatig ingetrek:

Woonkultuur in Gauteng

Woonhuis in KwaZulu Natal

 

Bosbokrand

Palazzo Hotel in Johannesburg

Tradisionele Zuluhut, Lesedi

Ndebele-huis, Bothsabelo Mission

(foto: Wikipedia)

'n Nedersetting oppad na Pretoria (2010)

 

Bronne

Waar nie anders vermeld is die foto´s geneem deur Rina Loader.

2006: http://www.sahistory.org.za/cultural-heritage-religion/defining-culture-heritage-and-identity
2012: http://www.sahistory.org.za/what-are-heritage-culture-and-identity

 
Hersien 2015

© Catharina Loader 2001