Die tydskrifprogram op Maroela Media (Centurionpark, Pretoria)

Prof. Hans du Plessis gesels oor Afrikaanse boeke in die program 'Allegaartjie'. Susan Lombaard, die bestuurder van Maroela Media, sê hieroor die volgende:

"Ons het die insetsels oor die boeke verpak in programme wat ook ander insetsels bevat. Julle kan na die volledige programme luister waarvan dié insetsels deel is. Elke program is so 20 minute lank en bestaan uit 3 insetsels, waarvan prof Hans sʼn een is."

Ons dank gaan aan Maroela Media vir toestemming om in Afrikaans in Europa van dié tydskrifprogramme gebruik te maak".

1. Bart Nel - J van Melle

2013-03-01
In vandag se Allegaartjie gesels Inge Strydom met die aktrise, Donnalee Roberts, in Vernames Verklap. Ons begin ʼn reeks praatjies wat handel oor die Afrikaanse boek wat jy op jou lees-lys kan sit en Burger Meyer gesels met Margit Meyer-Rodenbeck oor Dowwe Dolla en goeie teater.

2. Sirkusboere – Sonja Loots

2013-03-08
In vandag se Allegaartjie vra Inge Strydom vir Steve Hofmeyr om ʼn paar geheime te verklap. Hans du Plessis en Theresa Papenfus bespreek Sonja Loots se boek, Sirkusboere en Burger Meyer het ʼn verslag saamgestel oor die rolprent, Fanie Fourie’s Lebola, wat gehore plaaslike en internasionaal met skerp humor oorrompel.

3. Jochem van Bruggen se boeke

2013-03-15
In vandag se Allegaartjie vra Inge Strydom vir Helena Hettema om ʼn geheim of twee oor haarself te verklap. Professor Hans du Plessis bespreek Jochem van Bruggen se boeke en Jennifer Zamudio kuier in die Allegaartjie-ateljee.

4. Fees van die Ongenooides – PG du Plessis

2013-03-22
In vandag se Allegaartjie vra Inge Strydom vir Angelique Pretorius om ʼn paar geheime oor haarself te verklap in Vernames Verklap. Hans du Plessis en Theresa Papenfus bespreek die boek, Fees van die Ongenooides, en Robbie Wessels gesels oor sy nuwe rolprent.

5. Raka – NP van Wyk Louw

2013-03-29
In vandag se Allegaartjie gesels Inge Strydom met Glaskas in Vernames Verklap. Hans du Plessis en Theresa Papenfus bespreek NP van Wyk Louw se boek Raka en Allegaartjie-joernalis, Burger Meyer, gaan kuier op die stel van die nuwe rolprent Musiek vir die Agtergrond.

6.  Los Donkies – HS van Blerk

2013-04-05
In vandag se Allegaartjie vind Inge Strydom ʼn geheim of twee oor Gys de Villiers uit in Vernames Verklap. Hans du Plessis en Theresa Papenfus bespreek die minder bekende skrywer HS van Blerk se boek, Los Donkies, en Burger Meyer bring vir jou ʼn verslag oor die Afrikaanse televisiereeks, Donkerland, wat binnekort uitgesaai sal word.

7. Spanningsverhale - die genre

2013-04-12
In vandag se Allegaartjie gesels Inge Strydom met die sangpaar Vivere. Hans du Plessis en Theresa Papenfus bespreek die Afrikaanse spanningsverhaal genre en ons kuier by Shannon Page wat die Highs School Superster talentkompetisie gewen het.

8. Die son struikel - Dolf van Niekerk

2013-04-19
In hierdie Vrydag-aflewering van Allegaartjie verduidelik Hans du Plessis hoekom Dolf van Niekerk se boek, Die Son Struikel, een van sy gunsteling boeke. Ons kuier by die sanger Marinus van Rooyen en bring vir jou ʼn verslag van Ghoema-toekennings.

9.  Karl Kielblock se boeke (program 60)

2013-04-26
In hierdie Allegaartjie verduidelik Hans du Plessis waarom Karel Kielblock se boeke op jou ‘moet-lees’ lysie moet wees. Jaco Jacobs gee ons ʼn uitgewer se siening oor Afrikaanse kinder- en jeugboeke en ons vertel jou meer van Helpende Hand se Projek Leerkrag.

10.   Boeke van AP Brink wat mens moet lees (program 65)

2013-05-03
Hans du Plessis vertel watter boeke van André P Brink jy moet lees. Pieter-Dirk Uys gesels oor sy nuwe interaktiewe verhoogproduksie, waar jy die aand se stories kan kies, en ons kuier saam met die gewilde Bobby van Jaarsveld.

11. Die swerfjare van Poppie Nongena - Elsa Joubert (program 70)

2013-05-10
Hans du Plessis en Theresa Papenfus bespreek die boek ‘Die swerfjare van Poppie Nongena’ deur Elsa Joubert. Lindie Strydom gesels oor Moedersdag en ma-wees terwyl Amalia Uys deel waarmee sy haarself besig hou sedert sy die sepie, 7de Laan, verlaat het.

12. Afrikaanse romantiese fiksie (program 75)

2013-05-20
Hans du Plessis en Theresa Papenfus praat oor Afrikaanse romantiese fiksie wat jy moet lees en John Rutland vertel ons meer van sy versameling tweedehandse boeke. Ons gesels ook met Vaughan Gardiner oor musiek en verhoogproduksies.

13. Hans du Plessis se boeke en die Groot Trek (program 80)

2013-05-27
In hierdie Allegaartjie vra Theresa Papenfus vir Hans du Plessis uit oor sy boeke met die Groot Trek as agtergrond. Ons gesels ook met Pierre Vee oor sy musiek en Carike Keuzenkamp praat met ons oor Ghoempie.

14. Griekwas-psalms - Hans du Plessis (program 85)

2013-05-31
In vandag se Allegaartjie gesels Theresa Papenfus met Hans du Plessis oor sy Griekwa-psalms. Ons praat  ook met Theuns Jordaan oor die twee toekennings wat hy ontvang het vir sy album, Roeper, en kuier by die country-musiek legende, Lance James.

15. Algemene geselsie (program 90)

2013-06-10
Hans du Plessis en Theresa Papenfus bespreek vir oulaas oor Afrikaanse boeke wat jy moet lees. Ons kuier ook saam met die sangers, James & André, en gesels met Adam Tas.

April - Junie 2013

 

© Catharina Loader 2001