Van heide en verre

Leo Kritzinger skryf op 14 Oktober 2014 uit die Wes-Kaap
Ek wil net graag ’n stuiwer of drie in die spreekwoord-armebeurs stort. Dit gaan oor unieke spreekwoorde wat my oorlede ma altyd gebruik het. Sy het as kind in Oudtshoorn grootgeword.

1. Met die waters wat verby is, sal die meule nooit weer maal nie. Gedane sake het g’n keer nie, oftewel, gebruik die geleentheid wanneer hy hom voordoen.

Ek kon hierdie uitdrukking glad nie in Afrikaanse woordeboeke opspoor nie, maar die Laelanders ken en gebruik dit wél: Met verlopen water maalt men geen molen. My ma is in 1908 gebore, en kon dalk die uitdrukking in ’n Nederlandse skoolboek teëgekom het.

2. Ek vertrou hom/haar so ver as wat ek hom/haar kan gooi. Gesê van iemand wat duister of onbetroubaar van karakter is. Nog  ’n uitdrukking wat my ma gereeld gebruik het – en wat ek nie in die woordeboeke kon opspoor nie.

3. Iets moet gebeur,  al kom die onderste steen ook bo. Alles in die stryd werp, ongeag die koste. Byna dieselfde betekenis as Geen steen onaangeroerd raak nie -- m.a.w. alle moontlike middele aanwend.

Weereens vermoed ek dat my ma dit in  ’n  Nederlandse skoolboek teëgekom het. Ek het altyd gedink die uitdrukking verwys na boustene, maar nou onlangs loop ek hierdie verduideliking op  ’n Nederlandse taalwebwerf raak:

"'t Zal gebeuren, al moet de onderste steen boven"

Er wordt hier verwezen naar de maalstenen in een graanmolen. De onderste, de ligger, draait niet, de bovenste, de loper, wel. Bij het billen, d.i. het kappen van de stenen om ze opnieuw scherp te maken, licht men de loper en draait men hem om, een gewicht van zo'n 1.000 kg dat zomaar eventjes verplaatst wordt. De ligger, die ongeveer evenveel weegt, wordt evenwel nooit verplaatst. Deze uitdrukking wil zeggen dat iets koste wat koste zal gebeuren.

BRON : http://www.mot.be/w/1/index.php/ReadingNl/ProverbsAMBACHTEN

Ek het net gewonder of daar dalk ander webwerfbesoekers is wat ook enige van hierdie drie spreekwoorde al raakgeloop het?

Antwoord: Baie dankie Leo vir jou bydrae! Dit sal soveel pret wees as mense onbekende spreekwoorde met hulle verklarings kan instuur. Ek onthou ook nog goed dat my ouma die meul-spreekwoord vir my geleer het! Nr 2. is ook aan my bekend maar ek moet erken dat 3. vir my splinternuut is. Lesers kan gerus onder AiE se grammatika Afdeling onder Spreekwoorde kyk wat daar saamgevoeg is.

■ Leo Kritzinger is ‘n afgetrede grafiese ontwerper wat 21 jaar werksaam was by Nasionale Pers (tans Media24). Hy was 15 jaar lank ateljeehoof op die redaksie van die Pers se twee gesinstydskrifte, Huisgenoot en YOU. Hy het gedurende sy loopbaan by Naspers vier boeke oor huishoudwenke die lig laat sien, en was mederedakteur van die boek Eeugenoot, asook samesteller van ‘n boek oor outydse motors met die titel, Daar’s ’n Ford in jou Verlede! Hy was 23 jaar lank redakteur van The Early Ford Times, nuusbrief van The Early Ford Car Club of South Africa, asook ‘n stigterslid van The Cape Town Gramophone & Record Society.  In Augustus 1999 is hy met Parkinsonisme gediagnoseer en moes noodgedwonge weens die siekte in 2003 die tuig neerlê. Sedertdien doen hy van tyd tot tyd ontwerp- en skryfwerk, binne die beperkings wat die siekte aan hom oplê -- asook weeklikse teksredigering vir ‘n Amerikaanse rubriekskrywer. Hy en sy vrou, Kate, woon die afgelope 34 jaar in Brackenfell, Wes-Kaap.
 

Wolfgang Reinken skryf op 20.08.2014 uit Duitsland: Kommentaar op Afirkaans in Europa?

Ek is Wolfgang Reinken uit Duitsland en ek is geïnteresseer in die Afrikaanse taal, kultuur en geskiedenis. Ek het hierdie taal myself geleer met 'n bietjie kennis van Nederlands, deur na Afrikaanstalige internet stasies te luister en na Afrikaanstalige YouTube kanale te kyk. Ek het ook 'n kursus by André Vogel by die Volkshochschule Leipzig gevolg.

Onlangs het ek u webblad gevind en wou graag kommentaar gee. Maar soos ek dit verstaan het kan ek net registreer as ek 'n lid van enige universiteit is?

Tans is ek onder andere besig om Duitse ondertitels vir Afrikaanstalige video's by te sit. Op dié manier - so hoop ek - kan die pragtige Afrikaanse taal onder Duitssprekendes meer bekend word. Hier een voorbeeld: http://youtu.be/ySizvlkeGWw    

Antwoord: Ongelukkig is dit so dat slegs studente van die Universiteit aanlyn kan reageer. Tog is almal welkom om kommentaar vir my, Catharina Loader, aan te stuur. Kliek op 'Kontak' en dan op my naam naas die epos-ikoon. Ek antwoord graag indien nodig of plaas die brief onder die briewe-afdeling.

André Vogel skryf op 09.04.2014 uit Duitsland:
'n Rukkie terug het ek vir die eerste keer u webbladsy op die Weense universiteit se webtuiste gesien. Ek moet sê; dit maak my opgewonde! Ek werk vir die Spracheninstitut, Universität Leipzig. Dankie vir u goeie idee met die Webtuiste en alles van die beste!

Brigitte Barrus soek ´n penvriend op 23 April 2014
My naam is mej Brigitte Barrus. Ek is 43 jaar oud. Ek is nie getroud nie. Ek woon by vriende. Ek praat Frans, Russies, en 'n klein bietjie Afrikaans. Ek leer ook Engels maar ek praat dit nie nog nie. Ek soek Afrikaanse vriende en penvriende. Ek hou van die Springbokke en hul rugby. Ek hou van Afrikaans en wil ek in Suid-Afrika gaan eendag! As Afrikaanse penvriende wil vir my skryf: hulle kan vir my skryf op my internet! Welkom! Ek hou van Afrikaanse musieke en Afrikaanse boeke. Liefdegroete van Frankryk. Tatta!
(Epos: barrusbrigitte@gmail.com)

Floris Brown skryf uit Suid-Afrika op 12.03.2014
Dear Catharina, It’s good to know that we still have people like you bringing changes in the hearts and minds of people all over the world. Good luck and all success with all your future endeavor’s.

Marle Bosman skryf uit Suid-Afrika op 29.10.2013

Ek het vandag vir die eerste keer op julle webwerf afgekom en vind dit baie interessant.  Ek het nog nie naastenby by alles uitgekom nie, maar wil graag twee goedjies onder jou aandag bring.

1.  Die word "stimuleer" is as "stimileer" gespel op die blad "Die ontwikkeling van Afrikaans": 1800-1900:  Die eerste Afrikaanse Taalbeweging.

2.  Verder het ek gewonder of die term "Bantoe" nog polities korrek is?  Is iets soos "inheemse Afrika-tale" nie dalk 'n beter benaming nie?

Antwoord
Baie dankie vir jou opmerkings. Ek waardeer dit as lesers moontlikhede om die webblad te verbeter onder my aandag bring. Ek gebruik hier in Oostenryk soms die term "Bantoe" omdat "Swartes" as rassisties aanvoel. Die term "Afrikane" gebruik ek om die verwarring met "Afrikaner" te omseil. Mense hier dink "Afrikaners" is van Afrika en daarom swart. As dit om tale gaan, is jou voorstel van "inheemse Afrika-tale" baie bruikbaar. (red)

Cornelis de Jager skryf op 9 September 2013 vanuit Hermanus, Suid-Afrika
Ek het onlangs weer jou interessante artikel: "Ontstaan en groei van Afrikaans” gelees, in "Doendinge vir Afrikaans". Baie insiggewend; wil net byvoeg dat die skrywer C.J. Langenhoven ’n belangrike rol gespeel het in die erkenning van Afrikaans as Taal in S.A. As lid van die Kaapse Provinsiale Raad het hy Afrikaans erken gekry as onderwystaal tot Standerd 4. Hy speel ook 'n belangrike rol as senator in die Parlement om Afrikaans as amptelike taal in 1925 erken te kry. Terwyl hy hierdie saak in die Senaat bepleit is hy kort-kort in die rede geval. Sy reaksie: "die helfte van die lede van hierdie huis is donkies". Die speaker van Senaat sê hy moet daai stelling terugtrek. Hy doen dit dadelik: "die helfte van die lede van hierdie huis is nie donkies nie".

In sy Versamelde werke – Deel 9:  Spreuke – sê hy o.a. "minag jou eie (o.a. taal) en staan verstom dat die vreemdes nie oormekaarval om jou in hul geledere te verwelkom nie".  Sedert ongeveer 1910 tot 1932 was hy die mees produktiewe skrywer in Afrikaans. Kyk sy “Versamelde werke”. Vir meer besonderhede kontak J.S. Gericke Biblioteek by die Universiteit van Stellenbosch.

Dis interessant om te weet dat Afrikaans nie sommer so ’n ou taaltjie is nie: Dit word as taal doseer aan 5 Amerikaanse universiteite, en ongeveer 7 Europese universiteite wat die Universiteit van Moskou insluit, as my inligting korrek is.

Behalwe vir miskien Duits, met sy uitgang “-chen” is Afrikaans, na my wete, die enigste taal met verkleinwoord  -jies, bv. rooietjie, grotetjie, kleintjietjie, ens. Die Engelse moet sê: "the little small one, the the little tall one, etc."  Het al gehoor dat Engelsprekendes ons modale bywoorde gebruik, bv. ”I told you "mos" not to do it; I’ll "sommer" kick you"; "He is "darem" a simple ou”. Het ook al gehoor:  "That’s darem very “lekker”.

Dr Damain Shaw skryf op 11 Augustus 2013 vanaf die University Macao

Thank you for letting me know about this interesting site!

Jan van Vuuren skryf uit Benoni op 13 Augustus 2013 (President - AVS oos Transvaal)
Dit is met groot respek en dankbaarheid ek op hierdie wonderlike webwerf afgekom het. Dit maak my “Afrikaner hart” sommer huppel as ek sien daar is oral mense wat ons taal nog met Trots kan praat. Ons organisasie is nou reeds meer as 22 jaar oud en steed aktief om ons Afrikaans sprekende kinders ‘n regverdige kans te gee om hul taal en geloof te kan uitleef in sport en op kulturele vlak. Sien gerus ons webwerf vir meer besonderhede oor wat ons doen en wat ons kinders bereik. Dankie vir Afrikaans!
Web: http://bokkie.webplus.net/

Dr Dione Prinsloo skryf uit Pretoria op 25 Junie 2013 Vir navrae: Dr. Dionē Prinsloo: 082 464 6953

Op 27 Junie 2013 om 18:30 in die Ouditorium van die Groenkloofkampus, Universiteit van Pretoria (H/v George Storrar en Leydsstraat (ingang Leydsstraat)) word die SA Akademie vir  Wetenskap en Kuns se bekroningsplegtigheid aangebied. Die persone wat pryse ontvang is die volgende:

TANITA PERMAUL: PUK-KANSELIERSTRUSTPRYS VIR POëSIE
Die toekenning van hierdie prys word jaarliks oorweeg vir die twee beste skeppende bydraes (poësie, prosa en drama) deur leerlinge in grade 10, 11 en 12 vir die Poortkompetisie. Skool- en vakhoofde behartig die inskrywings nadat hulle hul daarvan vergewis het dat dit oorspronklike werk van die kandidate is. Die prys kan meer as een keer aan 'n skrywer toegeken word. Die prys word toegeken aan Tanita Permaul vir Ver liefde. Tanita is 'n leerder aan die Westville Girls' High School, Westville in KwaZulu-Natal.

DR. FRANÇOIS DURAND EN MEDESKRYWERS: DOUW GREEFF-PRYS - Huldigingswoord: Prof. Kobus Eloff. Die prys word toegeken vir 'n navorsings- of oorsigartikel van hoogstaande wetenskaplike gehalte wat in die SA Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie gedurende die jaar wat die prys voorafgaan, gepubliseer is. Die prys word toegeken aan dr. François Durand en medeskrywers vir hulle artikel “Die karst-ekologie van die Bakwenagrot (Gauteng)” in Die Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie, vol. 31, no. 1, 2012.

MNR. C.C.W. SCHEEPERS: JUNIOR KAPTEIN SCOTT-GEDENKMEDALJE (Plantkundige Wetenskappe) - Huldigingswoord: Prof. G.H.J. Krüger. Die medalje kan jaarliks toegeken word vir die beste verhandeling ingedien by 'n Suid-Afrikaanse universiteit vir die M.Sc.-graad, om die beurt in die dierkundige of plantkundige wetenskappe. Vanjaar is plantkundige wetenskappe aan die beurt. Die medalje word toegeken aan mnr. C.C.W. Scheepers, verbonde aan die Noordwes-Universiteit, Potchefstroomkampus. Die titel van sy verhandeling is Physiological and biochemical constraints on photosynthesis of leguminous plants induced by elevated ozone in open-top chambers.

DERICK VAN DER WALT: SCHEEPERSPRYS VIR JEUGLITERATUUR - Huldigingswoord: Prof. Andries Visagie. Die prys word toegeken vir die bevordering van hoogstaande Afrikaanse jeugliteratuur wat van goeie letterkundige en/of opvoedkundige gehalte getuig. Die prys word toegeken aan Derick van der Walt vir Willem Poprok.

DEBORAH M. BELL: EREPENNING VIR VISUELE KUNSTE (BEELDHOU- EN SKILDERKUNS) - Huldigingswoord: Prof. Alex Duffey. Die Akademie se Erepenning is bedoel as erkenning, binne die doelstellings van die Akademie, van besondere prestasie op terreine wat nie suiwer letterkundig of wetenskaplik is nie. Die Erepenning vir Visuele Kunste (beeldhou- en skilderkuns) word toegeken aan me. Deborah Margaret Bell. Deborah Bell word alom beskou as een van Suid-Afrika se voorste kontemporêre kunstenaars en sy het oor die jare volgehou om 'n baie hoë standaard in haar kunsskeppinge te handhaaf.

REGARDT VAN DEN BERGH: EREPENNING VIR TELEVISIEDRAMA IN AFRIKAANS - Huldigingswoord: Prof. Nico Luwes. Die Erepenning word toegeken aan die regisseur, mnr. Regardt van den Berg vir Vloeksteen (Episode 1). Reeds in die eerste episode tref die intrige die kyker met 'n uiters geloofbare spanningsdrama en gee 'n realistiese beeld van die skelmstreke, bedrog, omkoping, wantroue, moord, mag en misbruik daarvan deur onwettige handelaars in diamante. Onder Regardt van den Berg se regisseurshand skitter die hoofspelers met uiters oortuigende spel.

MARIÉ DU TOIT: EREPENNING VIR ROLPRENTKUNS - Huldigingswoord: Mnr. Leon van Nierop. Die Erepenning vir Rolprentkuns word vanjaar toegeken aan Marié du Toit. Marié du Toit is nie alleen een van Suid-Afrika se eerste volwaardige rolprent"-sterre" nie, maar ook een van die beste, mees gesaghebbende en briljante aktrises. In 'n loopbaan wat strek van die jare sestig het sy haar onderskei as 'n skitterende aktrise. Haar tegniek en spel het vernuwing na die rolprente gebring. In die 52 jaar wat Marié du Toit voor die kameras opgetree het, was resensente en gehore deurgaans bewus van haar invloed en uitmuntende vertolkings.

MEV. CORRIE SCHUMANN-BOSMAN: BESONDERE EREPENNING VAN DIE AKADEMIE - Huldigingswoord: Prof. Réna Pretorius. Die erepenning word toegeken aan mev. Corrie Schumann-Bosman, dosent in Regslatyn en Mediese Latyn aan die Universiteit van Pretoria. Mev. Schumann word vereer vir haar volgehoue voortreflike bydrae tot die "herlewing" van Latyn sedert die tagtigerjare. Erkenning word ook gegee vir haar vestiging van interfakultêre en interdissiplinêre samewerking aan universiteite in Suid-Afrika en vir haar innovering van interuniversitêre samewerking met universiteite in die buiteland.

PROF. H.M. ROOS: GUSTAV PRELLER-PRYS VIR LITERATUURWETENSKAP EN LETTERKUNDIGE KRITIEK - Huldigingswoord: Prof. Heinrich Ohlhoff (gelewer deur prof. Ina Wolfaardt-Gräbe). Die prys is al om die drie jaar beskikbaar vir literatuurwetenskaplike werk in Afrikaans, met inbegrip van letterkundige kritiek. Die prys word vanjaar toegeken aan prof. H.M. (Henriette) Roos.

PROF. G.C. OLIVIER: STALSPRYS VIR POLITIEKE WETENSKAP - Huldigingswoord: Prof. Deon Geldenhuys. Die prys word toegeken vir 'n hoogstaande publikasie of 'n reeks van hoogstaande publikasies by voorkeur in Afrikaans, asook vir indiwiduele of gesamentlike produkte van hoogstaande gehalte waardeur buitengewone bydraes tot die wetenskaps­beoefening gemaak word. Die prys word toegeken aan prof. G.C. (Gerrit) Olivier, verbonde aan die Departement Politieke Studies, Universiteit van Pretoria. Prof. Olivier ontvang die prys vir sy lewensbydrae tot die ontwikkeling van die vakgebied, in besonder die sub-dissipline van Internasionale Politiek en daarbinne buitelandse beleidsontleding. Erkenning word ook gegee aan sy rol in die herformulering en toepassing van Suid-Afrika se buitelandse beleid gedurende die land se politieke oorgang in die negentigerjare.

PROF. W.D. VILJOEN: HUBERTE RUPERT-PRYS VIR KLASSIEKE MUSIEK - Huldigingswoord: Prof. B.M. Spies. Die prys word toegeken aan kunstenaars wat die volgende bespeel: klawerbord (orrel, klavier, klawesimbel) of strykers (viool, ens.); blaasinstrumente (fluit, trompet, ens.) of sangers; komponiste of opleiers van klassieke kunstenaars. Die prys word toegeken aan prof. W.D. (Wim) Viljoen, hoof van die Departement Musiek, Universiteit van Pretoria. Prof. Viljoen is bekend as een van Suid-Afrika se beste orreliste. Hy tree gemiddeld 10 keer per jaar in Suid-Afrika op en internasionaal het hy as orrelis opgetree in Engeland, Frankryk, België, Nederland, Duitsland, Oostenryk, Switzerland en die Tsjeggiese Republiek. Landswyd lewer Wim Viljoen 'n belangrike bydrae tot die verhoging van die standaard van orrelspel en –onderrig.

DR. KOOS BEKKER: FRANS DU TOIT-MEDALJE VIR BEDRYFSLEIDING - Huldigingswoord: Prof. Leon Brümmer. Die medalje word driejaarliks toegeken vir bedryfsleiding. Die prys word as 'n kroon op 'n lewenstaak beskou en kan slegs een maal aan 'n persoon toegeken word. Die prys word toegeken aan dr. Koos Bekker, Besturende Direkteur van Naspers. Dr. Koos Bekker het die finansiële profiel en strategie van Naspers in die afgelope tien jaar verander om die leidende mediamaatskappy in Afrika te word. Die skep van M-Net het die ontwikkeling van soortgelyke dienste in die Verenigde Koninkryk en Duitsland vooruitgeloop. Hy en sy span het die potensiaal van digitale seltelefonie lank voor enigiemand anders in Afrika besef en suksesvol toegepas. Koos Bekker is in alle waarskynlikheid een van die vyf mees merkwaardige Afrikanersakemanne van alle tye.

Agathe Genis skryf uit Wenen op 25 April 2013
Dis baie interessant!! Het nie geweet Maleis het so n groot invloed gehad nie. En daai eerste Afrikaanse boekie - my hene! Ek sal gereeld lees. Baie oulik.
 

Hendrik Briel skryf uit Witrivier, Suid-Afrika op 29-10-2012

Geagte mevrou Loader, my naam is Hendrik Briel en soos u het ek 'n passie vir Afrikaans. Ek het van u en u universiteit in Wene in 'n berig gelees. Ek dien op die beheerraad vir die enigste Afrikaanse Privaatskool in ons area.

Die skool se naam is Laeveld Akkademie en is van Gr.R to Gr.12. Ek loots ons skool se eerste webwerf oor twee weke. Ek sien uit na u terugvoer sodra die webwerf geloots is en die kontak daarna.

(Reaksie: Geluk met ´n baie mooi projek en ek kyk graag na die webblad wanneer dit klaar is!)

Elizabeth Raab skryf uit Oostenryk op 11-5-2012

I really liked your homepage, especially the photo when you open the link.  Maybe you can call for people to send you some photos of different parts of SA, and short stories or what I call "snippets." (Reaksie: A really good idea - please folks, send me your snippets.)
 

Ghislain Duchâteau skryf uit Belgie op 26-04-2012

Wat een heerlijk stukje Afrikaans. Ik geniet van de pittige formulering in jouw taal - LitNet-blits is 'n kitsgids na die plekke op LitNet waar vurige opinies die gesprek aan die brand steek. Gebruik hierdie nuttige kortpad om die massas materiaal op LitNet met gemak te navigeer, en kies reguit koers na die artikels en briewe wat die tonge los het. Neem self deel aan die gesprek deur te registreer en jou stem dik te maak: jy kan onder enige artikel of brief kommentaar lewer. Ons wil graag van jou hoor. Toe. Wat sê jy?

Adam Lech skryf uit Swede op 18-04-2012

My name is Adam Lech ( 60 years old ). I write this e-mail from Sweden. I follow your work on the Net. It´s excellent! ( the website about Afrikaans language and culture; such a fine idea!). It´s like distance university studies ( just for fun!). I have a very good knowledge of Germanic languages: Scandinavian languages, German, English, Dutch - it´s easy to read Afrikaans as well!

24-04-2012: About your website - perhaps a publication of teaching materials is of some interest (collections of short stories, exercises, vocabulary lists, longer articles covering the history of your native country, dialogues, expressions, up-to-day slang, frequent vocabulary, etc). You represent great culture!!

(Reaksie: Ek maah werk van hierdie voorstelle! Dankie vir die idee!)

Alex Karl skryf uit Bavaria op 01-01-2010

Hallo Catharina, 'n voorspoedige nuwe jaar! Ek het so pas in my Afrikaans-webtuistes rondgesnuffel en dié webwerfadres gevind. Dis 'n baie interessante tuisblad! Ek het reeds die baie interessante bydrae oor spreekwoorde van my gunstelinge outeur Anton Prinsloo ontdek. As 'n leerder van die Afrikaanse taal (sedert Oktober 2008) is ek steeds op soek na geleenthede om met my Afrikaans-vaardighede te vorder...
Jou webtuis sal vir my lekker ure se lees-genot aflewer. Baie dankie vir die magdom van informasie!

Pieter Dorfling skryf uit London op 13-09-2011

Baie dankie vir ‘n baie interessante webwerf met goeie materiaal. (Pieter is ´n Afrikaanse skrywer en musikant, www.genotsplot.com).

Carina van der Walt skryf uit Tilburg, Nederland (30-12-2009)

Wauw Rina, dankie vir uitstekende en toegewyde werk op jou website! Ek moet jou gelukwens! " Het wordt heel mooi! ". Voorspoedige Nuwe Jaar.

Susan Smit skryf van die Universiteit van Fort Hare, Suid-Afrika (1 Desember 2009)

Ek het toevallig vandag op jou webwerf Afrikaans in Europa beland en was baie aangenaam verras! Dit verskaf ‘n magdom inligting en ‘n lieflike oorsig oor wat op taalkundige en literêre gebied aan die gang is. Ek is verbonde aan ‘n klein departementjie in die oorwegend Engelse Oos-Kaap.

Meinhard Peters skryf uit Doha, Katar (06-29-2009)

Ek het die ontmoeting met die webtuiste baie stimulerend gevind.... die ernstige soort artikel is maar skaars op die Net, en waar ek in Doha, Katar werk kry mens so iets selde te lese. Baie dankie en sterkte aan almal wat Afrikaans lewend hou binne akademiese konteks, en binne die groter familie van Nederlandistiek.

Marlise Joubert skryf uit Suid-Afrika (23-06-2009)

Ek was verras om op julle webblad af te kom! Baie geluk daarmee – dis ‘n lieflike webblad wat die Afrikaanse digkuns ook in Europa bekendstel. Dankie vir die mooi bladsy wat julle ook oor my gemaak het.

Deon Karstens sê uit Nederland (29-01-2009)
Dit was mooi en interessant om so deur alles te blaai. Ook die artikels in proses deur die tyd sovêr, is lekker om te lees. Bravo hoor! Ek vind dit 'n goeie website in aanknoping met ons afrikaanse taal. 'n Podium om verder mee te gaan. Sukses verder.

Elizabeth van Heerden skryf uit die VSA (04-01-2007)
Ek is nou al baie lank in die VSA en ontdek nou eers die wonderlike webwerwe oor die Afrikaanse taal, kultuur en geskiedenis. Veels geluk op 'n wonderlike webwerf.

Jan-Willem Rulkens skryf uit Holland (22-06-2006)
Ek is 'n Hollander en ek het 'n jaar in Springs gebly. Ek het daar 'n virus gekry, wat se naam 'Afrikaans' is. Die virus maak, dat ek heeltemaal mal is oor die taal en die kultuur. Op een van my togte oor die net, na alles wat met Afrikaans uit te waai het, het ek op julle tuiste uitgekom. Hou die blinkkant bo!!

Paul Fransen, Nederland (30-04-2006)
Een zeer goede web-bladsy hebben jullie, hou jullie taal in ere!!!!

P.G. Kruger skryf uit Barberton, Suid-Afrika (24-02-2006)
Ek en my vrou is albei Afrikaanse onderwysers met die stokperdjie om mense wat Afrikaans wil leer te help. Ons proeflees ook in Afrikaans en help sommer graag met alles wat Afrikaans bevorder. Mense wat ons wil kontak kan dit by hierdie e-pos doen. Baie geluk met julle brawe poging in WENEN. pgk@absamail.co.za

Prof. Ena Jansen, Universiteit van Amsterdam, Nederland (14-02-2006)
Uitstekend al die moeite wat gedoen word.

Prof. Arie Blacquiere, Universiteit van KwaZulu-Natal, Suid-Afrika (06-02-2006)
Wat 'n puik stuk werk vol briljante idees! Mooi gedaan, en sterkte.

Prof. Chris van der Merwe, Universiteit Kaapstad, Suid-Afrika (03-02-2006)
Die webblad lyk fynporselein, en ek hou van u idees, onder andere om goeie opstelle van studente daarop te plaas.

Prof. Helize Janse van Vuuren, Universiteit Port Elizabeth, Suid-Afrika (02-02-2006)
Uitstekende idee! My studente sal beslis belangstel en selfs opgewonde wees oor hierdie nuwe inisiatief.

Prof. Louise Viljoen, Stellenbosch Universiteit, Suid-Afrika (02-02-2006)
Ek vind dit ´n wonderlike fasiliteit wat julle bied.

Prof. Wannie Carstens, Noordwes Universiteit, Suid-Afrika (11-01-2006; 02-02-2006)
Lyk indrukwekkend. Uitstekende idee - ´n heerlike aansporing vir studente.

Ingrid Glorie, Universiteit Utrecht, Nederland (10.01.2006)
Dat is niet alleen stimulerend voor de studente, maar het kan ook een bemoedigend signaal zijn richting Zuid-Afrika.

Ghislain Ducháteau, Hasselt, België (01-12-2005)
Vandaag heb ik even de tijd gevonden om je vernieuwde website te bezoeken. Ze is mij bijzonder goed meegevallen ... en dat verdient van mijnentwege een dikke proficiat.

Dr. Jacques du Plessis skryf uit Milwaukee Wisconsin, VSA (2005)
Die skakels wat jy hier het is wonderlik om die netwerk van Afrikaans globaal te verstewig.

Jan der Burg, Amsterdam, Nederland (2005)
Julle het hier 'n baie mooi site gemaak! Ek het nie geweet dat mens ook Afrikaans in Europa kan leer nie. Baie informatief!

Rudolf van Vuuren, Centurion, Suid-Afrika (2004)
Dis lekker om op julle keurig versorgde en interessante blad rond te kyk hier uit Suid -Afrika. Die lekkerste lekker is egter om te sien dat Afrikaans vir julle ouens in die vreemde (vir julle is dit natuurlik bekend!) net so dierbaar is as wat dit hier by ons is. Doen so voort en sterkte met julle mooi werk.

Opgradeer: April 2013

 © Catharina Loader 2001