Argief

Johann Hahn (Yorkton, Saskatchewan, Kanada skryf Desember 2012
My ma, Mev V.V.Hahn, is op die oomblik 90 jaar oud, en het in Uniondale, KP, grootgeword. Haar moeder, Anna Johanna Badenhorst (nooiensvan = De Villers, gebore in 1892), het in Carnavon grootgeword en het baie die uitdrukking “hy/sy is nie van sesse klaar nie” gebruik om aan te dui dat die persoon effens mallerig is of selfs verstandelik vertraag is. My ma sê dat sy die uitdrukking nog nooit elders gehoor het nie. Ons het dit nageslaan in Prof. Prinsloo se boek oor Afrikaanse spreekwoorde en sien dat dit alleen in ‘n positiewe sin gebruik word, d.w.s. “van sesse klaar” = bekwaam, flink.Is u bewus van die negatiewe sin waarin dit gebruik kan word?

Antwoord:Johann, jou eposadres het ek per ongelukkig verloor. Ek hoop jy lees dié antwoord. Ek het jou navraag met prof. Prinsloo bespreek en hy sê dat in vroeë Nederlands die Hollanders die uitdrukking gebruik het as daar van ’n volmaakte perd gepraat is, so ´n perd is van sesse klaar. Dit beteken dat daar geen fout is met sy ses belangrikste dele nie, te wete die vier pote en die twee oë.  Dit kan tog seker ook in die negatief gebruik word.

Jacky Hendriks skryf op 6 Desember 2012
Ik las over een boek (Afrika de bron van ons bestaan) wat uitgegeven is in een van onze maandbladen.Bron: Quest 102 augustus 2012 zie bijlage: http://home.kpn.nl/hendriks-jacob/

Tanya Hoffmann skryf op 6 Maart 2012
Kan u my moontlik help met 'n vertaling na Afrikaans vir die Engelse idioom 'the proof of the pudding lies in the eating'? Dis vir 'n redenaarspraatjie, en daar word gevoel ek kan nie die Engelse uitdrukking gebruik nie, maar ek sukkel om 'n Afrikaanse plaasvervanger te kry wat so goed bewoord wat die Engelse idioom uitdruk.
Antwoord: Probeer die wind toets die jas, kyk of die bril werk, of die lied bekoor, lê in die oor.

Marieke Smuts skryf uit België op 6 Augustus 2004: Hallo daar! Ek het heel toevallig op die webtuiste afgekom, en voel nou soos ’n klein dogtertjie wat ’n pakkie lekkergoed ontdek het…! Ek is ’n Suid Afrikaner in Leuven, Belgie. Sedert 1 Mei 2004 het ek myself by die Vlaminge kom aansluit, maar my hart trek met ’n punt terug Suid Afrika toe – of om darrem tenminste net weer Afrikaans te kan hoor! Ek mis die gebruik van my taal seker die meeste. Ek doen nou vertaalwerk op ’n voltydse basis (maar helaas nie in Afrikaans nie!). Indien daar ander Suid Afrikaners hier in die omgewing is, sal ek graag van julle wil hoor! Maar moet nou nie dat afstand julle afskrik nie – epos is mos geduldig! Skryf asseblief! geertgellens@pandora.be>

Dr. Sinuhe Hahn skryf uit Basel op 30 Junie 2004: Ek was sommer verstom om jou Afrikaanse webbladsye te ontdek, en het 'n paar van die stories terdeë geniet!

Willem Gous skryf uit Suid-Afrika op 26 Jan 2004: Ek bedryf ´n Afrikaanse web www.woes.co.za, en het nou al 2 pendorings gewen met die web werf. Ek is opsoek na artikels vir die web werf. Enige artikels in Afrikaans wat mense skryf, politiek, ekonomie, sosiaal, algemene nuus ensovoorts. Die web werf het meer as 40,000 bladlese per maand so mense sal artikels lees wat daar gewys word. Aangesien ek die web werf bederyf om Afrikaans te bevorder kan ek net R25 per artikel betaal. (woes@woes.co.za)

Jan van Vuuren skryf uit Vlaandere op 24 Desember 2003: Mevrouw, ag ik langs deze weg feliciteren met uw mooie en duidelijke beschrijving van het Afrikaans. Een zeer bruikbare tekst! Met vriendelijke groeten uit het verre Vlaanderen.

Rudolf van Vuuren skryf uit Pretoria op 5 November 2003: Dis lekker om op julle keurig versorgde en interessante blad rond te kyk hier uit Suid-Afrika. Die lekkerste lekker is egter om te sien dat Afrikaans vir julle ouens in die vreemde (vir julle is dit natuurlik bekend!) net so dierbaar is as wat dit hier by ons is. Doen so voort en sterkte met julle mooi werk.

James Kirkpatrick skryf uit Pretoria op 5 November 2003: Via 'n skakel op LitNet by jou webwerf uitgekom. Dit is baie netjies met handige verwysings en lekkerlees artikels. Dankie!

Rentia Ouzman skryf op 14 September 2003: Baie dankie vir julle webblad. Dit is verblydend om te sien dat daar wel internasionale belangstelling is in ons mooi taal Afrikaans. Ek is tans veronderstel om Afrikaans as tweede/vreemde taal aan 'n paar Amerikaanse Studente te leer. Die probleem is dat daar nie veel e-hulp is aan amateur studiehulp leiers wat nie studie materiaal tot hul beskikking het nie. Ek het wel 'n paar webwerwe gekontak, maar vondse en tyd speel 'n negatiewe rol om die studente geintereseerd te hou en besig te hou totdat enige werk-materiaal arriveer vanaf Suid Afrika. Indien enige iemand my in die regte rigting kan wys vir Afrikaans as Tweede Taal / Vreemde taal onderig op die wereld web en werkstuk/oefeninge sal dit wonderlik wees. Kontak my asseblief direk. rentia_ouzman@yahoo.com

Ruben Scherer skryf uit Duitsland op 18 Oktober 2003: Ek was een jaar lank in Suid-Afrika en het afrikaans geleer. Nou is ek weer in Duitsland en soek iemand wie met my afrikaans kan praat of skryf. Wie kan my help? Ek sal baie bly wees om ´n antwoord te bekom. welwitschia.mirabilis@web.de of http://freemail.web.de/

Bennie Naude skryf uit Edinburgh op 06 Oktober 2003: Ek weet nie of ek nou 'n verkeerde perd opgesaal het nie (dalk verkoop julle net Afrikana?) maar laat ek maar in elk geval probeer! Ek het pas 'The Alchemist' van Paulo Coelho na Afrikaans vertaal, en dit is eersdaags op die rakke beskikbaar - gepubliseer deur Aardvark (http://www.aardvarkpress.co.za). Ek is baie opgewonde oor die vooruitsig om so 'n pragtige boek in ons eie taal op die rakke te sien, en het gewonder of julle bereid sou wees om die nuus onder julle lede te versprei? Vir verdere navrae: bn@supanet.com

Sonja Deetlefs skryf op 16 Mei 2003 uit Suid-Afrika: Hallo daar, Baie geluk met ʼn lekker weblad. Sal graag wil kontak maak met enige jong Suid-Afrikaners in Europa. Maak nie saak wat julle doen nie. Veral in Frankryk. Ek is besig om Frans te leer en dit gaan maar stadig. Tara. 12597856@puknet.ac.za

Tjaart Booyens skryf op 01 Mei 2003 uit Suid-Afrika: Ek wil graag kontak maak met SA-ners in Europa. My rede vir kontak/kennis maak, is insake JUKSKEI, 'n sport wat in SA ontstaan het en hoofsaaklik net hier en in Namibië gespeel word. Ek wil graag met SA-ners in Europa wat jukskei gespeel het kontak maak. Ek weet nie of dit moontlik sal wees om in die webwerf (of nuusbrief) my besonderhede te gee nie. Ek sal dit hoog op prys stel. My e-pos adres is tjaart.booyens@iscor.com

R. Vorster skryf op 28 April 2003 uit Bloemfontein, Suid-Afrika: Ek is dringend op soek na inligting oor die skrywer F.A Venter van geboorte tot afsterwe. Kan iemand my dalk help oor waar ek die inligting kan bekom? reonv@absamail.co.za

Quinta Wasserman skryf op 5 maart 2003 uit Pretoria: Ek is die webadministrateur vir die ATKV (Afrikaanse Taal en Kultuur Vereniging). Ek was so pas op julle webblad en dit is baie indrukwekkend Baie geuk met ´n wonderlike webwerf. QuintaW@atkav.arg.za

Nico de Lange skryf uit Amsterdam op 22 Februarie 2003: Die foto waar julle die lokasie van vergeet het, lyk asof dit êrens in die Vrystaat of Noordwes is. Ek sou raai dat dit êrens ten noorde van Bloemfontein op die N1-roete is. nico.delange@xs4all.nl 

Deon skryf op 06 Januarie 2003 vanuit Bloemfontein, Suid-Afrika: Dis ´n wonderlike gevoel om my moedertaal so te sien floereer. Julle doen goeie werk en ek sal jul ondersteun. Freund aus Züdafrika. bidbt@lycos.com