Deutsch: Das Afrikaans ist die einzige germanische Sprache, die in Afrika entstanden ist. Im 17. Jahrhundert gelangten Beamter der Vereinigten Ostindischen Kompanie ans Kap der Guten Hoffnung, um dort zu rasten und ihre Schiffe mit Lebensmitteln für die Weiterreise nach Indonesien zu versorgen. Seit dieser Zeit treffen hier am südlichsten Punkt Afrikas das Niederländische und viele andere Sprachen aufeinander und eine neue eigenständige Sprache entwickelt sich daraus: das Afrikaans.

English: Afrikaans is the only Germanic language that originated in Africa. In the 17th century, officers of the United East India Company came to the Cape of Good Hope to rest and resupply their ships for voyages to Indonesia. Since that time, Dutch and many other languages have met here at the most southern point of Africa and a new independent language has developed: Afrikaans.

Oor die ontwikkeling van Afrikaans kan jy onder andere lees in:

  • A summary in English: R. Loader, T. van Dyk, C. Human, Kortpad-Afrikaans / Shortcut Afrikaans (Chapter 1).
  • 'n Baie uitgebreide studie: W.A.C. Carstens & E.H. Raidt, Die storie van Afrikaans uit Europa en van Afrika, Deel 1 & 2.

 

Wat Afrikaans nie is nie 

  • Afrikaans is in die eerste plek nie 'n versamelnaam vir tale op die Afrika-kontinent nie.
  • Afrikaans word nie deur Bantoevolke van Afrika as moedertaal gepraat nie.
  • Dit is ook nie slegs 'n witmanstaal nie - meer nie-wittes in Suid-Afrika praat die taal as andersom.
  • Ook is Afrikaans nie 'n blote variant, dialek of verbastering van Nederlands aan die suidpunt van Afrika nie.
  • Afrikaans is ook nie dieselfde as "Suid-Afrikaans" nie. Anders as in die meeste Westerse lande, waar die belangrikste tale na die land self vernoem word (bv Duits in Duitsland, Nederlands in Nederland), word in Suid-Afrika 'n groot verskeidenheid van Suid-Afrikaanse tale aangetref en in geen geval is die taalnaam van die landsnaam afgelei nie. 

 

Wat Afrikaans wel is - 'n erfenis uit Afrika, Europa en Asië

Afrikaans is´n selfstandige Suid-Afrikaanse kultuurtaal met´n eie grammatika en´n eie letterkunde. Dit behoort tot die Indo-Europese taalfamilie waar dit onderverdeel in die Germaanse groep en die Wes-Germaanse sub-groep.

Jan Rabie het in 1975 tydens die Afrikaanse Skrywersgildeberaad in Broederstroom die volgende gesê: “Afrikaans is een van Suid-Afrika se trotsste veelrassige prestasies“. Hierdie woorde is miskien die bondigste opsomming van wat Afrikaans eintlik is -´n taal met wortels in Afrika, Europa en Asië.

Afrikaans is reeds kort na die aankoms van Jan van Riebeeck (1652) as omgangstaal in die Kaap gepraat terwyl die 17de eeuse Hollands nog as skryftaal gebruik is. In 1925 word Afrikaans naas Engels een van twee offisiële tale van die Unie van Suid-Afrika en sedert 1994 is dit een van die 11 offisiële tale van die Republiek van Suid-Afrika.

Behalwe vir Nederlands vind ons in Afrikaans spore van verskeie ander immigrante-tale soos Engels, Portugees, Duits, Frans. Die slawehandel wat met die kolonialisasie van Suid-Afrika gepaard gegaan het, verklaar Maleise invloede. Die invloed van inheemse Afrika-tale op die karakter van Afrikaans was en is steeds verrykend.

´n Paar voorbeelde -

  • Frans: ommelet, kommandeur
  • Duits: nar
  • Portugees: aia, kiepersol, kraal, sambok, bredie, ramkie, tamaai
  • Khoikhoi: oorbietjie, koedoe, kwagga, geitjie, koekmakranka, kambro, gannabos, Karoo, Sitsikamma, aitsa, arrie, eina, kierie, gogga, kamma, kamtig, hoeka
  • Maleis: baadjie, baie, baklei, baar, blatjang, doepa, kabaai, katel, koejawel, nonnie, piering, piesang, soebat
  • Bantoetale: konka, donga, indaba, aikôna, tollie

Vreemdeling-Nederlands, veranderde omstandighede en´n unieke Afrika-konteks verleen dus uiteindelik aan Afrikaans sy unieke karakter, grammatika en letterkunde.

Ten spyte daarvan dat Afrikaans so´n jong taal is, vertoon dit alreeds, net soos die ou Europese tale, variante of dialekte. Daar word duidelike onderskei tussen Maleis-Afrikaans of Kaapse Afrikaans asook Oranjerivierafrikaans. U kan ook mense raakloop was sê hulle praat Soweto-Afrikaans, Tsotsi-Afrikaans of Fly-Afrikaans.

Behalwe dat Afrikaans die bogenoemde kulturele verskeidenheid as wesenskenmerk besit, het die taal in sy ontwikkeling´n Germaanse karakter behou. Vandag is Afrikaans vanaf 1925 naas Faroërs (1948, Skandinawië) en Luxemburghs (of Lëtzebuergesch, 1984) die derde jongste Germaanse taal in die wêreld maar tog so inheems in Suid-Afrika soos die alombekende rooibostee. Wat die ontwikkelingsfase van die genoemde drie tale aanbetref, is Afrikaans die jongste Germaanse taal met wat teen 'n nekbreekspoed ontwikkel het.

 

Gepubliseer in 2005
Hersien in Oktober 2022