Die tale van Suid-Afrika

(For the english version click here)
 

Die tale in Suid-Afrika is een van die mees fassinerende kulturele kenmerke van die land en 'n baie belangrike deel van die identiteit van elke groep. Twee hoofstrome van taalontwikkeling kan geïdentifiseer word:


Die belangrikste groep tale kom uit Afrika self:

  • San- en Khoi-tale
  • die Nguni-tale
  • die Sotho-tale
  • en twee kleiner groepe -
    Vendas (2,7% van die bevolking, staan kultureel nader aan die Shonas van Zimbabwe as aan enige Suid-Afrikaanse groep)
    Die Tonga / Shangaan (verteenwoordig 4,4% van die totale bevolking).

In hierdie groepe kan nog baie verskillende dialekte geïdentifiseer word en die verskillende tale het natuurlik ook 'n invloed op mekaar.


Tweedens is daar die tale wat hoofsaaklik die erfenis van kolonialisme is
:

Van Europa -

  • Westerse tale is deur die Nederlandse en die Britse en ander immigrante soos die Portugese en die Duitsers na Suid-Afrika ingevoer.

  • Brittanje oorheers Suid-Afrika van die tyd van die Napoleontiese oorloë tot met die totstandkoming van die Republiek van Suid-Afrika in 1961. Vir meer as 150 jaar, hulle het groot klem geplaas op verengelsing van die inheemse mense van die land. Vandag pluk hulle die vrugte omdat Engels die openbare spreektaal van die land geword het.

Van Asië -

  • Nederlandse amptenare was vir die invoer van slawe uit hulle Asiatiese kolonies na die Kaapse nedersetting verantwoordelik en dié groepe het hul Maleise kultuur met hulle saamgebring.
  • Die Britte het Indiërs na Suid-Afrika ingevoer omdat daar in die suikerplantasies van hulle Natalse kolonie 'n tekort aan arbeiders was.

Die interaksie tussen die verskillende groepe saamgegooi in die Kaapse streek, verander die gebruik van Nederlands baie vinnig na wat vandag die derde jongste Germaanse taal van die wêreld is, naamlik Afrikaans - ´n taal wat reeds verskeie gesigte of variante vertoon.

 

The languages of South Africa

The languages in South Africa is one of the most fascinating cultural features of the country and a very important part of the identity of each group. Two mainstreams of language development can be identified:


The main group is languages of Africa itself
:

  • San and Khoi languages
  • the Nguni languages
  • the Sotho languages
  • and two smaller groups -
    Tshivenda (2,7% of the population, culturally closer to the Shona people of Zimbabwe than to any South African group)
    The Tonga/Shangaan (represent 4,4 % of the total population).

In these groups a lot of different dialects can be identified and the different languages  obviously also have an influenced on one another.


Secondly there are the languages that are mainly the inheritance of colonization
:

From Europe -

  • Western languages were introduced to Southern Africa by the Dutch and the British and other immigrants like the Portuguese and the Germans.
  • Britain dominated South Africa from the time of the Napoleonic wars to the establishment of the Republic of South Africa in 1961. For more than 150 years, they put great emphasis on anglicizing the indigenous people of the country. Today they are reaping the benefits because English is now the public language of the country.

From Asian -

  • Dutch officials were also responsible for bringing slaves from their Asian colonies to the Cape settlement and these groups of people brought with them their Malay language and culture.
  • The Brits brought Indians to South Africa to work in the sugar plantations of their Natal colony.

The interaction between these different groups thrown together in the Cape region, transformed the use of Dutch very quickly into what today is the third youngest Germanic language of the world, Afrikaans a language that already display different faces.

 

Gepubliseer August 2013; hersien November 2015

© Catharina Loader 2001