Twee digters op die podium. Performatiwiteit in die oeuvres van Antjie Krog en Tom Lanoye

Jacomien van Niekerk is ’n junior lektor aan die Departement Afrikaans van die Universiteit van Pretoria. Sy onderrig onder andere Afrikaanse letterkunde en Afrikaans vir beginners. Haar M.A. (2009) is ’n vergelyking van die tema van verstedeliking in die Afrikaanse letterkunde en letterkunde deur swart skrywers. Haar navorsingsbelangstellings sluit orale literatuur en vergelyking tussen Afrikaanse en Nederlandse letterkunde in. Sy is tans besig met haar D.Litt-proefskrif.


E-pos: jacomien.vanniekerk@up.ac.za

  • Tom Lanoye is 'n Belgiese digter en romanskrywer gebore op 27 Augustus 1958 in Sint-Niklaas wat in Antwerpen (Belgie) en Kaapstad (Suid-Afrika) lewe en werk.
  • Antjie Krog is 'n Suid-Afrikaanse skryfster wat sedert 1969 hoofsaaklik poësie publiseer. Sy skryf ook prosa en is joernalis. Sy is veral bekend vir haar boek gebasseer op die ondersoeke van die Suid-Afrikaanse Waarheids- en Versoeningskommissie, Country of My Skull.

Summary

Antjie Krog and Tom Lanoye’s combined stage tour in Flanders, the Netherlands and South Africa in October/November 2006 was a continuation of earlier instances of collaboration between the two artists, and certainly strengthened the association between Krog and Lanoye in the public imagination. In this article, an attempt is made to locate performativity in the works of Krog and Lanoye not primarily in their stage appearances as so-called performance poets, but rather in a metaphorical sense. Performance is shown to be something that is present on a textual level in the oeuvres of both authors, and it is this common phenomenon that makes for a stimulating comparison. Krog and Lanoye emerge as inescapable
figures who continually take the stage in a figurative sense, while their works also perform largely due to the contexts in which they are situated and with which they actively engage.

 

Inleiding

Daar is talle feite wat ’n vergelyking tussen Antjie Krog en Tom Lanoye aanmoedig. Albei is prominente literêre figure in hulle onderskeie lande en geniet ook bekendheid in die buiteland. Benewens die feit dat beide talentvolle digters is, lewer hulle werk in ander literêre genres, asook op die gebied van vertaling. Literêre samewerking het tussen die twee plaasgevind in die vorm van Krog se vertaling van Mamma Medea. In Oktober en November 2006 het hulle ’n uitgebreide podiumtoer, Kaap d(i)e Goeie Woord, deur die Lae Lande onderneem, met een optrede in Suid-Afrika. Op die webtuiste van Behoud de Begeerte, organiseerders van die podiumtoer, word Krog en Lanoye gereklameer as “twee van de beste performers van hun taalgebied [...] verbonden door hun liefde voor liefde, voor politiek en poëzie, maar bovenal voor taal” (Behoud de Begeerte, 2006:1).

Lees verder .....

Gepubliseer: 2010

© Catharina Loader 2001