Prof. Bertha Spies en Musiek in konteks

Prof. Bertha Spies

Bertha Spies is tans ’n buitengewone professor in musiek aan die Universiteit van Pretoria. Vroeër was sy ’n navorsingsgenoot en medeprofessor in musiekteorie aan die Noordwes-Universiteit. Van 1967 tot 1974 was sy verbonde aan die Departement Musiekwetenskap van die Universiteit van Suid-Afrika en vir 18 jaar het sy ook musiekteorie op Unisa se Komitee vir Musiekeksamens verteenwoordig. Meeste van die referate wat by nasionale en internasionale kongresse gelewer is, het as artikels in geakkrediteerde tydskrifte verskyn. In die 1980’s het Bertha Spies 'n boek oor die didaktiek van harmonie en 'n werkboek vir studente gepubliseer en in 1994 die Musikhane gemeenskapsprojek by die destydse Potchefstroomse Universiteit vir CHO begin, ’n projek waaruit die Musikhane-orkes ontstaan het. 


Gepubliseer Julie 2013

© Catharina Loader 2001