Algemeen

´n Voëlvlug

Geleë aan die Suidpunt van Afrika is Suid-Afrika een van die twee Afrikalande waarvan die naam die geografiese ligging van die land aandui. Die ander een is die Sentraal-Afrikaanse Republiek. Die oppervlakte van Suid-Afrika beslaan 1.2 miljoen km2 - dit is ongeveer 5 x groter as Brittanje. Die kenmerkende diversiteit van die landskap dwing by inwoners sowel as by besoekers bewondering af.

Kaart van Suidelike Afrika wat die grense en belangrikste stede aandui.

(Bron: www.countrywatch.com/cw_country.asp?vcountry=159)

Grense

Suid-Afrika se wesgrens word gevorm deur die waters van die koue Benguelastroom in die Atlantiese oseaan, afkomstig vanaf die Antartika. Aan die oostekant is die warm water van die Agulhasstroom in die tropiese Indiese oseaan. Hierdie twee strome ontmoet mekaar by Kaappunt.

In die noorde grens die land aan Botswana, in die noordooste aan Zimbabwe en Mosambiek, in die noordweste aan Namibië.

Binne die grense van Suid-Afrika lê die bergkoninkryke van Swaziland en Lesotho. Die enklawe van die Koninkryk van Lesotho lê tussen drie van Suid-Afrika se provinsies (Oos-Kaap, Vrystaat en KwaZulu-Natal).

Buite Suid-Afrika se grense is daar enkele areas wat nog aan die land behoort:

  • Robbeneiland - 10 km van Kaapstad af
  • Prins Edward- en Marioneiland, 1,920 km suidoos van Kaapstad af in die Atlantiese oseaan

 

 

Aand oor die Vaalrivier - ´n rivier wat die grens tussen verskeie provinsies vorm

(Foto: Dr. Frans Grobler)

Die provinsies

Die eertyds provinsies (Kaap, Natal, Vrystaat en Transvaal) is sedert 1994 in 9 provinsies verdeel:

  1. Gauteng ("plek van goud")
  2. Mpumalanga ("waar die son eerste opkom")
  3. Limpopo (op sommige kaarte nog aangedui as 'Noordelike Provinsie')
  4. Noordwes
  5. KwaZulu-Natal (op sommige kaarte nog aangedui as 'Natal'; ook KwaZoeloe-Natal gespel)
  6. Vrystaat
  7. Weskaap
  8. Ooskaap
  9. Noordkaap

Kliek hier om 'n kaart van van Suid-Afrika met sy provinsies te sien.

 

Indeling voor die Uniewording van Suid-Afrika in 1910:

1.  Kaap

2.  Natal

3.  Oranje-Vrystaat (voor die Anglo-Boere-Oorlog II die Republiek van die Vrystaat)

4.  Transvaal  (voor die Anglo-Boere-Oorlog II die Zuid-Afrikaanse Republiek)

Die bou van die land

Die kardinale kenmerke van die land is:

  1. 'n Kusvlakte wat strek van Alexanderbaai in die weste tot Kosibaai in die ooste.
  2. 'n Verskeidenheid van kettingberge, die Eskarpement, wat die kusvlakte en die binneland van mekaar skei.
  3. 'n Groot, halfsirkelvorminge binnelandse plato bestaande uit middellande (berglandskappe), hooglande (sentrale deel) en semi-woestyn (noordelike omgewing).
  4. 'n Subtropiese laagland (Laeveld) in die noordooste van die land.
  5. Woestyngebiede in die noordweste.

Deursnit van Suid-Afrika vanaf die Weskus tot die Ooskus

Lees meer van die geologiese eienskappe van Suid-Afrika op:

www.southafrica-travel.net/pages/e_geolog.htm