Afrikaans Grammatika

Eenders en anders

Afrikaans en Nederlands is nou verweef

Afrikaans, ten onregte soms "Suid-Afrikaans" genoem, het ontwikkel uit die 17de eeuse Nederlands en ten spyte van die feit dat dié twee tale vir meer as 350 jaar op twee verskillende kontinente gepraat is, kan nie ontken word dat die hedendaagse Nederlands en Afrikaans sustertale is nie.

Alhoewel daar baie belangrike grammatikale verskille tussen die twee tale is, deel hulle nog steeds ongeveer 85-90% van hulle woordeskat.

Met weinig moeite kan Afrikaanssprekendes die Nederlandstaliges verstaan en in Nederland is Afrikaans soms vinniger verstaanbaar as sommige Nederlandse dialekte (bv. dié van Antwerpen of Brugge).

Hierdie "enersheid" is natuurlik wonderlik maar dit het tog ook´n lastige kant wat dikwels verwarring veroorsaak.

Valse vriende

Dié begrip verwys na Afrikaanse woorde wat ons ook in Nederlands raakloop. Tog beteken hierdie woorde nie altyd dieselfde nie. In die webblad, Die Roepstem - Afrikaans en Nederlands wêreldwyd, sê Marcel Bas:

"Ofschoon het Afrikaans en het Nederlands dezelfde voorouders hebben zijn er opmerkelijke verschillen tussen beide talen te vinden. Wanneer een Nederlander of een Vlaming op bezoek komt in Zuidelijk Afrika, dan zal hij tot zijn grote verbazing erachter komen dat er nogal wat woorden zijn die hij niet op dezelfde wijze mag gebruiken zoals hij gewend is in zijn vaderland. Niet-nette woorden die in Nederland en Vlaanderen gewoon zijn (en zeker ook vice versa!) horen daarbij, alsmede kleine verschilletjes in de betekenis van één woord."

In De Roepstem bespreek Marcel Bas dan enkele voorbeelde van hierdie "gekke" (Ndl) of "mal" (Afr) verskille en wys op die valse vriendskappe tussen Afrikaans en Nederlands.

´n Baie insiggewende artikel is ook te vinde op:
https://nl.wikipedia.org/wiki/Verwantschap_tussen_Afrikaans_en_Nederlands 

 

Hersien 2022

© Catharina Loader 2001