Kulturele landskap

Die Suid-Afrikaanse filmbedryf sedert 1994

Enkele grepe uit die artikel

Die dekades voor 1994

Gedurende die 118-jarige bestaan van die Suid-Afrikaanse filmbedryf het joernaliste dikwels met groot entoesiasme ’n oplewing in die Suid-Afrikaans filmkuns aangekondig. Daar was inderdaad sulke tydperke. ’n Mens dink aan die bydraes van Jamie Uys, Emil Nofal en Jans Rautenbach in die sestigerjare, hoewel slegs 99 vollengte-films vanaf 1960 tot 1969 vervaardig is. Rautenbach het die filmmedium gebruik vir persoonlike uitdrukking en om mee te eksperimenteer. ....

Die jare negentig

Daarna het ’n tydperk van stagnasie gevolg in die jare negentig. Roy Armes lys 186 speelfilms in sy Dictionary of African filmmakers (2008). Daar is weinig estetiese hoogtepunte: Die Storie van Klara Viljee (1991), The Road to Mecca (1991), The Sheltering Desert (1991), Taxi to Soweto (1991), Sarafina! (1991), Cry, the Beloved Country (1994), Fools (1996), Paljas (1997), Jump the Gun (1996) en Pure Blood (1999). Dit was ’n oorgangstydperk ...

Die 21ste eeu

Ons moes wag tot die 21ste eeu vir ’n werklike oplewing, met talle internasionale suksesse soos Tsotsi (2005), Yesterday (2004), U-Carmen eKhayelitsha (2005), Shirley Adams (2009), Life, Above All (2010), The Great Dance (2000) en Skoonheid (2010) ...

Stand van film in Suid-Afrika?

... ons films (konsentreer) te veel op die verlede. Jongmense wat aan die ondersoek deelgeneem het, stel weinig in die ons land se verlede belang en wil meer stories sien wat in die hier en nou plaasvind ...

... het die uitsonderlike nuwe geslag filmmakers, wat onbevange met narratiewe strukture en filmstyle eksperimenteer, enige toekoms? ...

... filmopleidinginstellings wissel van kwynende gemeenskapsfilmskole tot duur private filmskole, wat al hoe meer as winsgewende besighede bedryf word ...

... plaaslike rolprentfeeste het ’n belangrike alternatief vir die hoofstroomverspreiders geword om Suid-Afrikaanse speelfilms, dokumentêre en kortfilms aan ’n breë publiek bekend te stel ...

... ’n filmkultuur word nie net gekenmerk deur die aantal films wat vervaardig en gekyk word nie, maar ook wat daaroor geskryf word ...

Lees die volledige artikel op LitNet ...

Sien ook: Fliekvlooi

Die skrywer is Martin Botha

Gepubliseer: September 2014

Catharina Loader 2001