Media-inligting

Die geskiedenis van die Suid-Afrikaanse Radiowese

Die eerste radio-uitsending in Suid-Afrika was op 18 december 1923 in Johannesburg.

Die Suid-Afrikaanse uitsaaiwese se spore gaan terug na 1923, toe die Suid-Afrikaanse Spoorweë (SAS) die eerste draadlose uitsending in Johannesburg gedoen het. Die Reith-ondersoek het tot die stigting van die land se openbare uitsaaier, die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie (SAUK), in 1936 gelei. Vandag beheer die SAUK 19 radiostasies met sowat 20 miljoen luisteraars daagliks. 

Lees verder in https://af.wikipedia.org/wiki/Suid-Afrikaanse_Uitsaaikorporasie

(Permission is granted to copy the radiopark foto under the terms of the GNU Free Documentation License - https://commons.wikimedia.org/wiki/File:Radiopark.jpg)

Radiopark in Johannesburg.

Foto: Wikipedia

 

Afrikaanstalige radiosenders

Radio Sonder Grense (SABC) waar u na die regstreekse uitsending kan luister
(http://www.rsg.co.za/luister-nou.asp)

klik dan luister na RSG se regstreekse uitsending

Draadloos is Maroela Media se produksiehuis wat verantwoordelik is vir die vervaardiging van Afrikaanse radioprogramme vir gemeenskapsradiostasies. Kliek op die skakel en volg hulle program Allegaartjie, ´n aktuele joernaalprogram.

MK (http://mk.dstv.com/) is 'n Suid-Afrikaanse musiekkanaal op Multichoice se satellietdiens DStv. Die kanaal fokus meestal op Afrikaanse programme en musiek, maar speel ook 'n verskeidenheid van internasionale en Engelse musiek. Die kanaal het middel 2005 die lig gesien, en die naam is afkomstig vanaf die woorde Musiek Kanaal en die kanaal se destydse nommer op DStv, 89. Daar is mettertyd meer en meer na MK89 kanaal as net "MK" verwys. Op 1 Oktober 2007 is MK vanaf kanaal 89 na kanaal 324 verskuif. (Link ingestuur deur Tertius Kapp, SA).

Engelstalige radiosenders

SABC - South African Broadcasting Company: klik "Listen Live" - selekteer waarna u wil luister

Radio 702 - Talk Radio : klik op "On Air - Listen Live" op die tuisblad. Radio 702 is bied nuus, aktualiteitsprogramme en bespreking aan oor verskillende onderwerpe

Ontwikkeling van die SA televisiebedryf

Die eerste televisie-uitsendings deur die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie/South African Broadcasting Corporation (SAUK/SABC) het op 5 Januarie 1976 'n werklikheid geword. Aanvanklik is 37 ure per week op een kanaal in Afrikaans en Engels uitgesaai. Televisie-advertensies het vir die eerste keer in 1978 op die kassie verskyn.

Gedurende die 1970's en 1980's het die Regering onder leiding van die Nasionale Party streng beheer oor die uitsaaiwese gehad. Teen die 1990's het dié situasie begin verander.

Nadat die SAUK/SABC in 1976 met een kanaal begin het, is die diens in 1982 na twee verdere kanale, TV2 en TV3, uitgebrei. TV1 het uitsendings in Afrikaans en Engels gedoen, terwyl TV2 in die Nguni-tale en TV3 in die Sotho-tale uitgesaai het. Op 30 Maart 1984 is TV4 ingestel, hoofsaaklik as 'n Engelstalige vermaaklikheidstasie.

Suid-Afrika se televisiediens is nou 40 jaar oud (Lees: huisgenoot.com/nuus/plaaslik/tv-vandag-40-jaar-in-sa/

 

Gepubliseer Mei 2013
Hersien Januarie 2016

Rina Loader