Kulturele landskap

Hierdie bladsy is nog onder konstruksie, maar hier is so lank 'n paar vreemde name vir vreemde geregte:

In die Sowetan van 27 Oktober 2009 word gepraat van:

  • Mageu: 'n Zulu-Xhosa nie-alkoholiese drank gemaak van gegiste mielies.
  • Bunny chow: 'n uitgeholde witbrood gevul met kerriehoendervleis, -skaapvleis of beesvleis.
  • Amazi: aangesuurde melk, proe soos jogurt maar is net 'n bietjie dikker; dit word oor mieliepap gegooi of netso gedrink.
  • Umqombothi: bier gemaak van mielies sorgum, gis en water; het 'n swaar en kenmerkende suur aroma.
  • Isidudu: tradisionele Zulu-Xhosastapelvoedsel gemaak van pap en pampoen wat voorgesit word met amazi.
  • Smiley: Geroosterde skaap- of beeskop wat tradisioneel net deur mans geëet is; word saam met pap geëet.
  • Walkie talkies: Gestoofde hoenderkoppe en pote bedien met tamaties, rys of pap.

 

Bron:

Doendinge, 4 Desember 2009.

 © Catharina Loader 2001