Stefans Grové se Raka as musikale narratief

 

'n Paar aanhalings uit die artikel

Die verskyning van N.P. van Wyk Louw se Raka in 1941 roep onmiddellik die konteks van die Tweede Wêreldoorlog op, asook die troebel tye waarin Suid-Afrika, en meer spesifiek die Afrikaners, hulle bevind het. In hierdie tyd het “[d]ie oplewing van Afrikaanse nasionalisme van 1938 en daarna […] allerlei nasionale aktiwiteite geïnspireer, maar ook heelwat nadenke oor die voortbestaan van die Afrikaner as afsonderlike volk” (Steyn 1998:261) ..

Lees die volledige artikel op Litnet Akademies

Opstelle oor die lewe en werk van Stefans Grové (ISBN 1-920109-04-8)

Tydskrif vir Geesteswetenskappe: Stefans Grové 90, vol. 53(2), 'n huldigingsbundel gewy aan sy werk.

Stefans Grové (*1922)

Stefans Grové se musiek word dikwels as ontoeganklik ervaar, omdat luisteraars op ’n “tradisionele” manier daarna luister.

Die werk wat hier gebruik word om ’n alternatiewe manier van verstaan te bevorder, is sy Raka, ’n simfoniese toondig in die vorm van ’n konsert vir klavier en orkes (1996).

Waar die komponis groot waarde heg aan programmatiese inhoud en homself as mededeler van verhale beskou, is die ondersoek na musikale narratief in hierdie toondig ’n logiese beginpunt.

Die vraag is dus hoe abstrakte konsepte in N.P. Van Wyk Louw se grootse vers-epos, Raka, deur middel van musiek vergestalt kan word ...

 

 

A Composer in Africa

Stefans Grové (*1922), regarded by many as Africa’s greatest living composer, possesses one of the most distinctive compositional voices of our time.

He studied in Cape Town under Erik Chisholm before becoming the first South African to be awarded a Fulbright Scholarship.

He took his Master’s at Harvard under Walter Piston, attended Aaron Copland’s composition class at the Tanglewood Summer School, and subsequently taught for over a decade at the renowned Peabody Institute in Baltimore before returning to his African roots in the early 1970s.

Bronne

Foto's van Grové en nog addisionele inligting op www.meiningermusik.de/kompo_grove.php
Musikbiblioteek Pretoria
LitNet Akademies
Tydskrif vir Geesteswetenskappe: Stefans Grové 90, vol. 53(2), 'n huldigingsbundel gewy aan sy werk (www.journals.co.za/ej/ejour_akgees.html)

Lees die volledige artikel op Litnet Akademies


 

 

Gepubliseer Julie 2013

 

© Catharina Loader 2001