´n Verstrooide volk

Hulle storie kan soos volg opgesom word -

  • Oorspronklik 'n Khoi-stam in die omgewing van Saldanabaai en Piketberg-omgewing.
  • Later versprei oor grondgebied van die Kaap en die binneland (ou Transvaal en Vrystaat provinsies).
  • 1652: Aankoms van Nederlanders lei tot 'n vermenging met blanke setlaars.
  • Hulle nakomelinge bekend as “basters”.
  • Aanvang 1700´s: Pokke wis oorspronklike Hottentotte bykans almal uit.
  • Hierdie “basterras” vestig hulle by Klaarwater by die waters van die Oranjerivier, noord van die Kaap in huidige Namakwaland.
  • Hulle is steeds 'n nomadiese jagtersvolk en veeboere, net soos hul Hottentot-voorvaders, nou net met “wit bloed” en nuutgevonde Kaapse "luukshede" (gewere, brandewyn).
  • Hulle neem die naam “Bergenaars” aan en is legendariese perderuiters.
  • Dikwels vorm hulle rowerbendes (bv Jager Afrikaander) wat Adam Kok probeer in toom hou.
  • Vroeë 1800’s: Londense Sendinggenootskap en beroemde natuurkundige en ontdekkingsreisiger, William Burchell, bereik Klaarwater (oase in dorre Karoo-landstreek).
  • 1813: Samesprekings tussen Adam Kok en eerw. John Campbell loop uit op naamsverandering en die Bergenaars word “Griekwas” (afgelei van die naam van die Chariguriqua-Hottentotstam).
  • Klaarwater word herdoop tot Griekwastad.
  • Blankes, swartes en baie ander rasse woon hier saam met die Griekwavolk (eerste opgetekende Reënboognasie).
  • Campbell vaardig tien streng wette uit om witman se beskouing van moraliteit te vestig.
  • Weens Campbell se ongewilde wette ontstaan konflik, mense spat uiteen en Griekwastad word 'n spookdorp.
  • Barend Barends verhuis na Danielskuil noord van Griekwastad.
  • Cornelius Kok (Adam Kok se seun) wyk uit rigting Kimberley.
  • Andries Waterboer, ’n merkwaardige leier van Boesman-afkoms, bly aan as leier in die oorspronklike nedersetting by Griekwastad.
  • Die beroemde ontdekkingsreisiger dr. David Livingstone en die sendeling Robert Moffat kom in die prentjie.
  • Die Griekwas hergroepeer hulleself onder Dam Kok (ook seun van Adam Kok) in die streek tussen die Modder- en Oranjerivier.
  • Leef weer soos die Bergenaars en hulle plunder plaaslike stamme, help om die Boesmans uit te wis en maak 'n lewe met die jag van wild vir ivoor.
  • Hulle woongebied in dié stadium is vanaf Namakwaland in die weste tot noord van die Oranjerivier en die Vaal, uitgesprei tot by Lesotho in die ooste.
  • Die hoofstad Philippolis kom tot stand.
  • In die 1820’s beweeg die eerste Voortrekkers oor die Oranjerivier om onder die Britse invloed uit te vlug.
  • Hulle beweeg deur Griekwa-gebiede na Natal en kom met Zoeloes in Natal in botsing.
  • Hulle vestig die Republiek Natalia wat spoedig weer deur die Britte geannekseer word.
  • Die Voortrekker stig die Republiek van Oranje-Vrystaat onder pres. Hoffman en die Zuid-Afrikaanse Republiek (oorkant die Vaalrivier) onder pres. Paul Kruger.
  • In die laat 1850’s word die Griekwas voor 'n ultimatum gestel: Hulle kan aanbly as bediendes of trek.
  • Griekwas onder Adam Kok III trek in die 1860's met hulle vee oor die hoogland van Lesotho na Matatiele (aan die hange van die Drakensberg).
  • As Britse onderdane word hulle toegelaat om hul eie regering, die Raad, te stig wat die gebied bestuur, grondbesit organiseer en 'n eie geldstelsel invoer met die hulp van die handelswinkelmaatskappy, Strachan and Company (dit is die eerste SA munte wat tussen 1874 en die 1930’s in omloop was).
  • Gedurende die 1870’s vestig hulle 'n eie hoofstad by Kokstad, vernoem na Adam Kok III.
  • Die Griekwas word pionne in die stryd tussen Cecil Rhodes en die Boere in die stryd om besit van die diamantmyne van Kimberley.
  • Griekwa-grond is geannekseer en hulle leiers in die tronk gestop (Nicolaas Waterboer moes bv. na Kokstad vlug).
  • In 1878 annekseer die Britse goewerneur van die Kaap die Niemandsland, bekend as Griekwaland-Oos, wat die Griekwas laat rebelleer en hulle moet vlug.
  • Andries le Fleur probeer later om die verstrooide Griekwas weer byeen te bring maar hy is in hegtenis geneem.
  • Vandag is daar klein Griekwa-gemeenskappies regoor Suid-Afrika versprei - van Griekwastad tot Kokstad tot Kranshoek.
  • Baie Griekwas het egter onder die Bruinmense verdwyn.