Wie en waar?

'n Kaart wat die verspreiding van die Bruinmense in Suid-Afrika aandui

(Wikipedia)

Die Bruinmense is 'n bevolkingsgroep wat in die Noord-, Suid- en Wes-Kaap woon en histories ontstaan het deur kontak tussen wit persone en ander inheemse bevolkingsgroepe soos die San, Khoikhoi en Bantoes.

Die Kaap is die hartland van die Bruinmense in Suid-Afrika en baie van hulle is kultureel na aan die Afrikaners omdat die meeste van hulle Afrikaans praat en dieselfde Christelike beskouinge het.

Die voorouers van die Bruinmense kom van naby, ander weer van ver af.

  • Nie alleen is hulle afstammelinge van die San en Khoikhoi nie; ook die Swartmense met wie hulle in kontak gekom het en mense met Europese agtergrond het hulle stambome uitgebrei.
  • Die spore van die groep bekend as die Kaapse Maleiers (Moslems) gaan terug tot in die 17de eeuse Hollandse kolonies waarvandaan slawe ingevoer is om in die jong Kaapse Kolonie te werk ... "Many of these people were skilled artisans, such as silversmiths, masons, milliners, cobblers, singers and tailors. They came to be known collectively as Cape Malay, since despite their diverse origins as far afield as East Africa and Malaysia, and they all spoke the "traders' lingua franca"- Malay. 
  • Ons vind in die Kaap dus nog vele oorblyfsels van hierdie slawetyd soos die Parade, die slawelosie (huisvesting vir slawe), die slaweboomgedenkplaat, die géselpaal, die kompan­jies­tuin en die groentemark ...

Al hierdie kulture het deel geword van die “Kaapse kookpot” waarin die uiteenlopendste tradisies saamgegooi is en noodwendig moes verenig. Volgens sommige volkekundiges sluit die Bruinvolk die volgende groepe in:

  1. Kaapse Kleurlinge;
  2. Islamitiese Kaapse Maleiers (soms ook ‘Slamse’ genoem) in Kaapstad en omgewing;
  3. Griekwas in die Noord- en Oos-Kaap (sien aparte bespreking van dié bevolkingsgroep);
  4. Rehoboth-Basters in Namibië.

Ander kenners meen weer dat die Griekwas en Rehoboth-Basters aan hulle eie groepe behoort.

Meer kosmopolitiese gemeenskappe as die Bruinmense sal jy dus min op die aarde kry. Met hul wortels in drie verskillende vastelande kan hulle saampraat oor kaviaar, bokkoms en samoesas. Hulle is bekend vir hulle aardse humor.


Bronnelys

Loader, C., Afrikaanse taal en kultuur II, Werkboek Universiteit van Wenen, 2013, p.13.

Read more: The story of the Cape Malay - www.southafrica.com/forums/history/4744-story-cape-malay.html"

 

Catharina Loader
Junie 2013

 © Catharina Loader 2001