Die verlore stam van Suid-Afrika

In sy boek, Children Of The Mist, gee Balson ’n volledige beeld van die geskiedenis van die Griekwavolk van voor 1652 af tot vandag.

Hy argumenteer dat die stam wat ons tans as die Griekwavolk ken die beliggaming van die Reënboognasie is, met ’n verborge bloedlyn wat vandag in een uit elke vier Suid-Afrikaners voorkom.

Voordat Van Riebeeck hom in Kaapstad gevestig het, het die Khoikhoi en die San (beter bekend as die Hottentotte en die Boesmans) oor die sentrale deel van Suid-Afrika gewoon en getrek.

Die aankoms van die Nederlanders in die Kaap het algehele verwoesting gebring na die plaaslike inheemse Hottentotvolk met hul veeboer-kultuur, op wie die nuwe setlaars staat gemaak het om vars vleis te voorsien vir die skepe wat na die Verre-Ooste onderweg was  ...

Lees verder

Om die boek te bestel, gaan na: http://www.griquas.com/orders.htm
author@author.com.au

Kinders in die mis

Scott Balson se boek is in Engels te lees op: www.griquas.com

Kinders van die Mis ek hoor jul voetval in die sand
Oor elke uithoek van dié breë en leë land.
Ek sien jul leed, ek voel jul sug
Van ver geslagte heen, nou ’n gedagtevlug.
Die sagte reent op my gesig, die kolkings van die mis
sal jou verlede nooit uit hierdie plek kan wis.

-Scott Balson

(Afrikaanse vertaling deur die redaksie van Mieliestronk)