Prosakroniek

Gepubliseer met toestemming van prof. Botha sowel as Tafelberg Uitgewers

 

Dié boek, tans uit druk, het in 1987 verskyn en gee´n insig in die Afrikaanse prosa van 1652 tot 1984. Die hoofstukke word stelselmatig op ons webblad herpubliseer.

Tussen 1956 en 1995 was Elize Botha dosent in Afrikaanse en Nederlandse taal- en letterkunde aan drie universiteite. Benewens Unisa, ook die Universiteit van Pretoria en die Universiteit van die Witwatersrand.

Haar navorsing het aanvanklik om die Afrikaanse poësie gesentreer en haar MA-verhandeling handel oor Die poësie van D.J. Opperman met verwysing na verwantskappe met T.S. Eliot (Stellenbosch 1952). In November 1955 het sy in die literatuurwetenskap gepromoveer toe sy aan die Universiteit van Amsterdam die proefskrif Veelheid en binding - ´n bydrae tot die ondersoek van die eenheidsprobleem in die literatuurwetenskap aangebied het. Later het sy haar toegespits op die prosa, veral die Afrikaanse roman. Sy was lid van die Letterkundige Kommissie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns en het ook opgetree as kansellier van die Universiteit van Stellenbosch.

Sy was ´n ondersteuner van die projek, Afrikaans in Europa, en het onderneem om die blad met publikasiemateriaal te ondersteun - ´n onderneming wat met haar skielike dood in November 2007 ongelukkig tot stilstand moes kom. Die res van die hoofstukke in die onderhawe boek sal egter nog sporadies bygevoeg word.

Ballade vir die getroue digters. Vir Elize Botha - Joan Hambidge

In Memorium: Prof Elize Botha