Indrukke oor letterkunde uit Nederland en Belgie

Afrikaanse publikasies figureer sterk in Nederland en België. Dit is geen wonder nie aangesien die tale noue familiebande het. Daar is gereeld Afrikaanse skrywers wat hulle werk aan die Nederlandse publiek bekendstel. Daar is uitgewers wat graag Afrikaanse literatuur publiseer. Daar is ´n beduidenswaardige aantal Afrikaanse boeke in biblioteke te vinde. Daar is ´n leeskring in Amsterdam en daar is ´n  Zuid-Afrika Huis wat gereeld funksies reël en ´n maandblad uitgee.

Luc Renders is verbonde aan die Vakgroep Talen van die Universiteit Hasselt in België. Sy belangrikste navorsing doen hy oor die Afrikaanse letterkunde en die Nederlandstalige Kongo literatuur. Saam met Eep Francken het hy Skrywers in die strydperk. Krachtlijnen in de Zuid-Afrikaanse letterkunde geskryf.

In dié afdeling gee hy ´n kernagtige samevatting van die belangrikste prosawerke wat vanaf die Negentigerjare tot in 2007 in Suid-Afrika gepubliseer. Dr. Eep Francken gee ´n oorsig oor 2008 en 2009.

 

 


Gepubliseer Mei 2012
Hersien April 2013

© Catharina Loader 2001