Die industriële hart van Suid-Afrika

Kliek vir meer Inligting

Gauteng (die sotho-woord vir "Plek van goud") lê sowat 1740 m bokant die seevlak en grotendeels op die Hoëveldse plato. Dit word deur vier ander provinsies omring: Noordwes aan die westekant, Limpopo in die noorde, Mpumalanga aan die oostekant en die Vrystaat in die suide.

Gauteng word in literatuur soms in verband gebring met die  PWV-gebied (Pretoria-Witwatersrand-Vereeniging). Dié benaming hang saam met die Witwatersrand wat vir ongeveer 80 km deur die middel van die provinsie loop en die grootste goudneerslae in die land het.

Johannesburg het sy ontstaan aan die goudindustrie te danke en is vandag die grootste stad in Suid-Afrika en ook provinsiale hoofstad. Pretoria, sowat 50 km noord van Johannesburg, is Suid-Afrika se administratiewe hoofstad.

Nagenoeg twee derdes van Suid-Afrika se ekonomiese bedrywighede vind hier plaas

Die Vaaldam en die Hartebeespoortdam is die vernaamste waterbronne.

(Bron: Wikipedia)

 

November 2011

© Catharina Loader 2001