Die stofbak van die land

Noordwes is in 1994 gevorm deur die samevoeging van die ou Wes-Transvaal en die "tuisland" Bophuthatswana.

Kliek vir meer inligting

Die provinsiale hoofstad Mafikeng vorm 'n eenheid met Mmabatho, wat voorheen die hoofstad van Bophuthatswana was. Ander belangrike plekke in Noordwes is onder meer Potchefstroom, Klerksdorp, Brits, Rustenburg en Lichtenburg.

VRYBURG is ook ´n belangrike dorp in hierdie streek en word veral deur beesboerderye omring. Tydens die Tweede Anglo-Boere-oorlog (1899-1902) was hier een van die berugte konsentrasiekampe waar die Britte Suid-Afrikaanse oumense, vroue en kinders gevange gehou het.

Die volgende foto´s is ingestuur deur Alet Steyn. Die eerste vier foto´s is in en om Vryburg geneem. Die sonsondergang in foto 1 en 2 is direk na mekaar geneem - eers na die ooste en toe na die weste. Foto 3 illustreer ´n tipiese donderstorm en foto 4 is heel nostalgies met ´n ou Plymouth wat sy daar iewers raakgeloop het.

Wolke in die ooste

Wolke in die weste

´n Donderstorm

Plymouth - ´n spogkar!

Die dorpie OTTOSDAL was oorspronklik net ´n klein kerkie op die plaas Korannafontein wat in 1913 gestig en na die eienaar van die plaas, G.P. Otto, vernoem is. Vandag is dit ook nog nie ´n wêreldstad nie. Tog vind mens daar van alles en nog wat ....

´n Modewinkel in Ottosdal

Gepubliseer: Februarie 2009

© Catharina Loader 2001