'n Groot en uitgestrekte provinsie

Die provinsie is gestig toe die ou Kaapprovinsie in 1994 in die drie nuwe provinsies Wes-, Oos- en Noord-Kaap verdeel is. Die hoofstad en grootste stad is Kimberley (sinoniem met diamante).

Kliek vir meer inligting
(Bron: Wikipedia)

Die Noord-Kaap word begrens deur die Atlantiese Oseaan in die weste, die lande Namibië en Botswana in die noorde, die provinsie Wes-Kaap in die suide en die provinsies Noordwes, Vrystaat en Oos-Kaap in die ooste. Die suide is ’n deel van die Groot Karoo, terwyl die Kalahariwoestyn vanuit Botswana in die RSA oorstoot. Die landskap is klipperig, yl begroei, droog (slegs sowat 250 mm reën per jaar) en die grootste gedeelte kan as semi-woestyngebied omskryf word.

Die streek is veral bekend vir die beroemde Namakwalandse veldblomme wat in die lente oorvloedig blom. Ander bekende plekke is Upington, Carnarvon, Colesberg, De Aar, Kuruman en Springbok. Suid-Afrika se koudste dorp, Sutherland vind ons ook in dié provinsie. 

Die enigste standhoudende bron van water is die Oranjerivier wat deur die dorsland sny om in die Atlantiese Oseaan uit te mond.

 

Publikasie: 2011


 © Catharina Loader 2001