Geskiedenis

"It is not a question of remaking History, but of rethinking it ..." - Oliver Barlet

... ruik ons droogte en brand, en gerug
van sprinkaan, aardbewing en oproer
op daardie skroeiende binnelandse lug
- dan, dan
weet ons op watter vasteland ons boer ...

Peter Blum - Nuut uit die Binneland (Uit: Steenbok tot Poolssee)

 

In hierdie afdeling word, eerder as om´n chronologiese vertelling aan te bied, verskillende temas wat 'n dinamiese uitwerking op die verloop van die land se geskiedenis gehad het, stelselmatig aangesny.

Die geskiedenis van die mensdom kan nie omskryf word as´n rustig ontplooiende verhaal wat handel oor heldedade van roemryke geslagte en heroïese heldefigure nie. Allermins is dit so in die geskiedenis van Suid-Afrika. Vir baie plaaslike volke en helde was en is daar eerder sprake van tragedies waar die Sitz im Leben, vrees, oordeelsfoute en foutiewe insigte situasies met rampspoedige gevolge ontketen het.

Vir alle Suid-Afrikaners het ná 1994´n nuwe era aangebreek -´n era wat pragtig omskryf word in die woorde van Olivier Barlet. Volgens hom vra dié tydperk om´n herskryf van die geskiedenis van Suid-Afrika "... not so that the past be erased, however, but in order to restore a memory which can look History in the face, making it synonymous with dignity. It is not a question of remaking History, but of rethinking it, without trying to hide the existence of groups, cultures and identities. It is about recognizing that apartheid made the Other a stranger. What needs to be resolved is not so much doubt as suspicion. In short, a discovery of the self in order to be able to open up to the Other, for this incertitude will necessarily open up the way to hearts and reason (that reach) beyond hatred, fears and phobias .." Africultures - Olivier Barlet.

 

Godelieve Van Geertruyen het´n mooi bondige skets oor dié onderwerp geskryf onder die titel, "Zuid-Afrika: van apartheid tot multicultureel experiment?".

© Catharina Loader 2001