Boeke en teater

Floris Brown berig uit die Kaap van 'n geslaagde bekendstelling van ´n bloemlesing in die projek Teater van die verlore tyd - Theatre van de verloren tijd. Dié skrywers is besig om´n skryftradisie uit te bou waarin die bande tussen Nederlands en Afrikaans verstewig en´n liefde te kweek vir gedigte en vertolking.

Die omroeper, Mnr W Wena van Radio Kaboesna het op Maandag 21 Oktober 2013 met ons Tussen Tale-Groep (mnr Moosa Adam; juffrou M L Williams; Marjorie Matthys; Marcques Klaaste en Henrico De Wee) 'n onderhoud gevoer.

Hans en Joke Oosterhof, twee Nederlanders, is deur Moosa Adam uitgenooi om Nederlandse gedigte voor te lees. Die IsiXhosa digters kon nie daar wees nie omrede hul eksamens die daaropvolgende Maandag begin het. Ons het die Nuusbrief Doendinge vir Afrikaans van die Vriende vir Afrikaans uitgedeel.

Hier volg ´n paar foto´s wat illustreer hoe die bekendstelling verloop het.

Die leerders se opvoerings was die kersie op die koek. Verskillende leerders van Hoërskool Hantam Calvinia en ander kunsternaars uit die gemeenskap het dramatiserings van gedigte aangebied:

So intens:  Sharon Goosen (Worcester) - Majorie Matthy

Stoep Stories & Strate van Gister: Francisca van der Linde (Worcester) - Michelle van Wyk

Nog steeds sal ek jou liefhê: Amelia Solomons (Paarl) - Henrico de Wee

You Strike the Rock & Woorde is oorbodig: Petro L M Gordon (Paarl) - Lecrushe Wilschut

Kairos: Petro L M Gordon (Paarl) - Gabriella Matthys

Ma Sannie vertel: Amelia Solomons (Paarl) - Arishia Smit

Dit was my Moeder: Andrew Louw (Touwsrivier) - Graycin Cloete

Straatkind: Andrew Louw (Touwsrivier) -Tobie Syms

Kom huistoe: Dr Ivan Meyer (Brackenfell), Wes-Kaapse Minister van Sport en Kultuur - Henrico de Wee

Wegloopkind: Monty Isaacs (Kraaifontein) - Majorie Matthys (ook van Kraaifontein)

All Pay: Danny Tromp (Worcester) - M L Williams (dramaturg van Hoërskool Hantam Calvinia)

Uitweg?: Moosa Adam - Me Lewies (aktrise-leerkrag van Calvinia)

Ons kind: Moosa Adam - M L Williams

Micheal le Cordeur

Kaapse klopse: ´n dag om vryheid te vier - Michael le Cordeur

Hy skryf:

...Die woord klopse is afgelei van die woord klubs in Nederlands. Sedert die eerste karnaval in 1907 gehou is, het dit twee wêreldoorloë en apartheid oorleef en vir meer as ’n eeu is dit een van die Moederstad se vernaamste aantreklikhede oor die feesgety. Wanneer die Kaapse Klopse op Tweede Nuwejaar verskyn, word Kaapstad se strate omgetower na ’n skouspel wat slegs by uitsondering elders in die wêreld te sien is

.... die tradisionele roete van die afgelope 100 jaar gevolg word: dit begin in die Keisergracht (Distrik Ses), af in Darlingstraat verby die Kaapstadse stadsaal, links in Adderleystraat, regs op in Waalstraat tot by Roosstraat in die Bo-Kaap, en weer regs tot onder by die Waterkant. Tradisioneel is die Klopse-kompetisie in die Groenpuntstadion gehou (vandag die Kaapstad-sokkerstadion).

...Om ’n groep aan die gang te hou, kos baie geld: een uitrusting kos enigiets tussen R450 en R1 000.

...Met die werkloosheidsyfer wat voortdurend styg, beteken die Klopse Karnaval ’n welkome ekonomiese inspuiting vir die Kaap - volgens die organiseerders meer as R10 miljoen.

Lees die volledige artikel op Litnet

 

© Catharina Loader 2001