Fotobeeld

´n Woestynblom se paradys

Namakwaland is ´n semi-woestyngebied - ´n harde, droë landstreek. Die oneindige vlaktes lyk té onherbergsaam vir enigiets om daar te wil groei. Sukkulente skyn die enigste oorlewendes te wees. Maar kom die lente en dit reën betyds, word die gebied omgetower in´n feetjieland. Woestynblomme net waar die oog kan sien. Vir´n rukkie kraai die blomme koning onder ´n ongenadige son en skroeiende winde. Dis egter´n kortstondige skoonheid en die bron van vele Namastories.

juliemaand en die familie skryf - sal daar blomme wees vanjaar?

Aanhaling uit die gedig "Blommekykers" van George Weideman, Foto Org Potgieter

Nababeepomgewing oortrek met Namakwalandse madeliefies

Foto Almarie Wepener

Kalkoentjies

Foto Alet Steyn

Katsterte

Foto´s Alet Steyn

Gepubliseer: 2008

© Catharina Loader 2001

Oppad na Concordia