Een honderd jaar later: Die swart grondwet 27 van 1913
"... Die Suid-Afrikaanse geskiedenis is deurspek met verwysings na afbakenings, grense en kategorieë. Dit het begin met ’n fisiese grens deur die plant van ’n bitteramandel-heining ’n paar jaar nadat Jan van Riebeeck in die Kaap aangeland het (A Sparks, Mind of South Africa (2007), xv.).
Oor die jare is die aanvanklike fisiese grens gaandeweg omskep in juridiese, sosiale, ekonomiese en ideologiese grense. Die eindresultaat, ’n paar eeue later, was in alle opsigte ’n verdeelde Suid-Afrika: sy mense, grond en natuurlike hulpbronne ..."
"Dit was nóg die eerste, nóg die laaste rasgebaseerde grondmaatreël in Suid-Afrika. Tog het dit die Suid-Afrikaanse landskap – letterlik en figuurlik – onherroeplik verander. Die inwerkingtreding van die wet, in samehang met ’n daaropvolgende rassebenadering tot grond, het ’n aandeel daarin dat Suid-Afrika, bykans 20 jaar na ’n nuwe grondwetlikheidsbedeling, steeds met grondkwessies worstel ..."
Enkele aspekte waarna sy verwys is:
- Britse beheer van grondkwessies met die hulp van trusts onder die Kroon
- Langdon-kommissie ná die Tweede ABO onder leiding van sir Godfrey Langdon
- implimentering van die Swart Grond Wet 27 van 1913
- grondregte gekoppel aan “afgesonderde gebiede” of “swart kolle”
- die Beaumont-kommissie, die Suid-Afrikaanse Ontwikkelingstrust en die Grond Wet 18 van 1936
- die grondhervormingsprogramme (herverdeling, grondbeheer, restitusie) na die val van Apartheid
- huidige stand van grondverdelingsaksies
Kliek hier om die volledige artikel op Litnet te lees.
Gepubliseer November 2013© Catharina Loader 2001