Leesstukke
Boeke deur Elsabe Steenberg
Boeke deur Elsabe Steenberg
Boeke deur Elsabe Steenberg
- Bergpad na Eden
- Blou is ‘n bokkie
- Klawervyf
- Koert se tarentaal
- More was dit somer
- My kind en sy boek
- Pierewiet staan stil
- Plek van die bruin geeste
- Rondomtralie
- Rooi kanarie hoepelbeen
- Slapende honde miaau nie
- Tjeriktik in die denne
- Tree-more, tree-most
- Voorlees vir nadink
- Wêreld in wêreld deur
- Wolf ja, wolf nee
- Boom, bomer, boomste
- Simonetta en die spinnekop
- Soek-soek op soek
- Eendag die blou voël
- Eendoring met lang bene
- Hendri uit die water
- Pik-swart
- Waar is Pappa se panfluit?
Troutande - Elsabe Steenberg
Troutande - Elsabe Steenberg
'n Verwerking deur Rina Loader
(Voorberei vir eksamens van die Gilde vir Spraak- en Drama-onderwysers)
Ouma is kwaad vir Oupa. Scalla maak hom uit die voete. Oorkant die heining sit Rooslie op hulle swaai en sing. Hy hou van Rooslie al is haar voortande uit. Hy hou vreeslik baie van ou Rooslie.
"Moet ek jou swaai?" vra hy.
"Ja, orrait," sê sy en sit reg.
"My Ouma is kwaad vir my Oupa," vertel Scalla.
"Haai!" Haar mondjie val oop dat jy die gat kan sien waar haar voortande moes wees. "Ek het nie geweet Oumas en Oupas word nog vir mekaar kwaad nie," sê sy.
Na ´n ruk is Scalla moeg van die swaaistotery en hy gaan soek vir Ouboeta.
"Moenie my pla nie," sê Ouboeta. "Ek skryf 'n brief om Santjie te vra om my nooi te wees. Dis baie moeilik."
"Kan ek trou?" vra Scalla.
"Ja, natuurlik. Tot mens so sewe is kan jy maklik trou. Toe, skoert nou, man!"
"Rêrig trou?" Scalla is verbaas.
"Wel, nie heeltemal rêrig in 'n kerk en so nie, maar tog kamma-kamma-rêrig!"
Die res van die middag en dwarsdeur die aandete dink Scalla daaroor, en toe besluit hy dat hy met Rooslie sal trou. Vroeg, bitter vroeg die volgende oggend peul hy onder die lakens uit. Deur die dounat gras hol hy na Rooslie se kamervenster.
"Hei, Roos!"
"Wassit? Daar is mos nie skool vandag nie!"
"Ek wil met jou trou," fluister Scalla dringend. "Ouboeta sê mens kan as jy klein genoeg is. Ons is net reg vir so 'n trouery!"
"Hoe?" wil sy weet. "In die kerk en alles?"
"Nee, sommer hier in julle agterplaas."
"Sal jy vir my ´n ring gee? Of nee, ek wil iets anders hê. Ringe is simpel!"
"Wat wil jy dan hê?" Scalla hoop nie dis iets wat te duur is nie. Hy het net drie sent!
"Valstande!" sê sy beslis.