Leesstukke

Boeke deur Elsabe Steenberg

Boeke deur Elsabe Steenberg

  1. Bergpad na Eden
  2. Blou is ‘n bokkie
  3. Klawervyf
  4. Koert se tarentaal
  5. More was dit somer
  6. My kind en sy boek
  7. Pierewiet staan stil
  8. Plek van die bruin geeste
  9. Rondomtralie
  10. Rooi kanarie hoepelbeen
  11. Slapende honde miaau nie
  12. Tjeriktik in die denne
  13. Tree-more, tree-most
  14. Voorlees vir nadink
  15. Wêreld in wêreld deur
  16. Wolf ja, wolf nee
  17. Boom, bomer, boomste
  18. Simonetta en die spinnekop
  19. Soek-soek op soek
  20. Eendag die blou voël
  21. Eendoring met lang bene
  22. Hendri uit die water
  23. Pik-swart
  24. Waar is Pappa se panfluit?

Troutande - Elsabe Steenberg

'n Verwerking deur Rina Loader
(Voorberei vir eksamens van die Gilde vir Spraak- en Drama-onderwysers)

 

Ouma is kwaad vir Oupa. Scalla maak hom uit die voete. Oorkant die heining sit Rooslie op hulle swaai en sing. Hy hou van Rooslie al is haar voortande uit. Hy hou vreeslik baie van ou Rooslie.

"Moet ek jou swaai?" vra hy.

"Ja, orrait," sê sy en sit reg.

"My Ouma is kwaad vir my Oupa," vertel Scalla.

"Haai!" Haar mondjie val oop dat jy die gat kan sien waar haar voortande moes wees. "Ek het nie geweet Oumas en Oupas word nog vir mekaar kwaad nie," sê sy.

Na ´n ruk is Scalla moeg van die swaaistotery en hy gaan soek vir Ouboeta.

"Moenie my pla nie," sê Ouboeta. "Ek skryf 'n brief om Santjie te vra om my nooi te wees. Dis baie moeilik."

"Kan ek trou?" vra Scalla.

"Ja, natuurlik. Tot mens so sewe is kan jy maklik trou. Toe, skoert nou, man!"

"Rêrig trou?" Scalla is verbaas.

"Wel, nie heeltemal rêrig in 'n kerk en so nie, maar tog kamma-kamma-rêrig!"

Die res van die middag en dwarsdeur die aandete dink Scalla daaroor, en toe besluit hy dat hy met Rooslie sal trou. Vroeg, bitter vroeg die volgende oggend peul hy onder die lakens uit. Deur die dounat gras hol hy na Rooslie se kamervenster.

"Hei, Roos!"

"Wassit? Daar is mos nie skool vandag nie!"

"Ek wil met jou trou," fluister Scalla dringend. "Ouboeta sê mens kan as jy klein genoeg is. Ons is net reg vir so 'n trouery!"

"Hoe?" wil  sy weet. "In die kerk en alles?"

"Nee, sommer hier in julle agterplaas."

"Sal jy vir my ´n ring gee? Of nee, ek wil iets anders hê. Ringe is simpel!"

"Wat wil jy dan hê?" Scalla hoop nie dis iets wat te duur is nie. Hy het net drie sent!

"Valstande!" sê sy beslis.