Algemeen

Christine J. Angerhofer

Die Vertalingsprys van die stad Wenen vir 2003 is toegeken vir die vertalings van Christine Angerhofer, oud-student in Nederlands (met byvak Afrikaans)  in die Instituut vir Gemanistik, Universiteit Wenen. Sy het drie verhale van Elsa Joubert vertaal en spesiale vermelding vir die vertaling van Vuur gekry. Dit was die eerste keer dat Afrikaans op dié vlak in Wenen erkenning ontvang het.

´n Onafhanklike paneel, aangewys deur die Kultuurafdeling van die Weense Stadsraad, het haar aangewys as wenner. Sy is met prysgeld beloon vir haar vertalings van ´n Afrikaanse teks geskryf deur J.M. Gilfillan, Arme Fool asook 'n Nederlandse teks, Allemaal onzin van S. Carmiggelt. Die paneel beoordeel die ingelewerde tekste en die wenners word deur meerderheid van stem bepaal. Die beoordelaars word ondersteun deur taalkenners van die verskillende tale waaruit die vertalings gemaak word.

Om studente in die vertalingswese aan te moedig, skryf die stad Wenen gereeld ’n baie gesogte wedstryd uit waartydens letterkundige vertalings uit vreemde tale in Duits of in ander Oostenrykse dialekte vir pryse in aanmerking kom. Die kompetisie is bedoel vir vertalers wat geen of weinig vertalingservaring het. Die projek word in samewerking met die Vertalersvereniging van Oostenryk georganiseer.

Elke nuwe wedstryd word gewy aan spesifieke genres om so lirieke, prosa, dramas, essays, kinder- en jeugliteratuur op roterende basis te betrek. Boeke in die Geesteswetenskappe wat as taalkundig en stilisties aanbevelenswaardig beskou word, word ook in aanmerking geneem.

Benewens die toekenning vir die vertalings uit Afrikaans, het nog ’n student in Nederlands, Christine Hermann, met die eerste prys in die kompetisie weggestap. Sy het ’n gedeelte uit Kristien Hemmerechts se werk in Duits vertaal.

In 2005 het Christine wéér so gemaak en baie komplimente vir haar kennis van Afrikaans sowel as haar vaardigheid in Duits ontvang.

In die eerste foto lees Christinetydens die prysuitdeling 2005 uit haar vertaling voor. Die geleentheid in die Literatuurhaus (Wene) is deur verskeie vriende, familie en personeel van die Nederlandistiek bygewoon.

Übersetzergemeinschaft Literaturhaus
Seidengasse 13
1070 Wien  
Tel: 526 20 44 - 18

Hersien: November 2013