Algemeen

Carina van der Walt berig uit Nederland dat op 16 Oktober 2013 twee soorte adel onafhanklik van mekaar in Gent gaan kuier het. Sy vertel ...

’n Mens kry drie soorte adel: die adel van bloed, die adel van geld en die adel van intellek. Met betrekking tot laasgenoemde groep het die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns (SAAWK) en die Koninklike Akademie vir Nederlandse Taal- en Letterkunde (KANTL) pas in Gent ’n samewerkingsooreenkoms onderteken. Dit is die tweede samewerkingsooreenkoms vanjaar tussen die SAAWK en ’n Akademie in België. Die eerste ooreenkoms is op 30 Mei onderteken tussen die SAAWK en die Koninklike Vlaamse Akademie van België vir Wetenskap en Kuns (KVAB) in Brussel. Terwyl die twee voorsitters, Wannie Carstens en Stefaan van den Bremt, die ooreenkoms geteken het, was die splinternuwe koning van België ook in Gent op besoek. Ondanks die feit dat KANTL ’n klein aantal lede het in vergelyking met die SAAWK, hoop Carstens dat hierdie simboliese gebaar na agt jaar se gesprekke en onderhandelinge in die toekoms wel sal uitkristalliseer in die uitruil van kennis.

Prof Wannie Carsten onderteken die ooreenkoms

Tydens sy spreekbeurt het Carstens beklemtoon hoe belangrik hierdie ooreenkoms vir Afrikaans is.

Die prag van die Akademiegebou in Gent maak koffietyd spesiaal

2013-11-06

© Catharina Loader 2001