Algemeen

Die klank van jaghorings

Praag is gewoonlik die enigste bestemming van besoekers aan Tsjeggië. Ek hou nie van Praag nie. Ja, dit is pragtig, mooier selfs as Parys, maar die lugbesoedeling en die tropgevoel in die metro maak my benoud. Daarom geniet ek eintlik my uittoggies aan kleiner plekkies buite die belangrikste toeristeroete meer. So ‘n plek is Roznov pod Radhostem.

Roznov is ‘n ryk klein dorpie in Wallagi naby die Slovaakse grens. Dit is gele in die berge en ons het ‘n pragtige uitsig op die boombedekte berghange vanaf ons hotelkamer gehad. Die hotel is oorspronklik gebou vir die Cstad busmaatskappy. Werkers hier kry ‘n maand vakansie en ek lei af dat vakansiehotelle gebou is vir maatskappye. Die kamer was klein en basies, maar die uitsig van die klein balkon was wonderlik. Ons het geswem in die verhitte binnehuise swembad, want dit was te koud om in die groot swembad buite te swem. Daar is allerhande dienste soos masseuse, tennis en mini-golf beskikbaar. Die kos in die hotel was ook goed en ek het vir die eerste maal skaapkaas geproe as deel van ‘n dis van aartappelpannekoek (bramborak), sauerkraut en kaas.

Die groot toeristetrekker van Roznov is die skansen. Dit is ‘n opelugmuseum met ‘n versameling houtgeboue wat gered is van oral in Wallogi en hier herbou is. Ons het dit eers Donderdag in die ren besoek en toe net die hoofgedeelte gesien. Wat veral opvallend is, is hoe klein die deure was in die verlede. Die arm mense het werklik net in gehuggies gebly. Die huise lyk regtig pragtig met die donkerbruin houtmure en die rooi malvas in die klein vensterbakke. Die kerkie is klein met ou skilderye in ‘n soort naïewe styl.Daar was ook ‘n sjarmante ou mallemeule met houtfigure.

Donderdag het ons die dorpie besoek. Dit is ‘n groot versameling huise op ‘n heuwel wat wys hoe klein dorpies in die verlede gelyk het. Daar was skape, bokke, ganse en hoenders te sien en ook landerye. Twee huise het gidse gehad. Die vrouens het die tradisionele Walloniese klere gedra. Dit is ‘n blou sisromp, ‘n wit bloes en ‘n wit, gehekelde kappie. Ek wens ek kon meer verstaan wat hulle ges het. Wat ek wel kon verstaan, is dat die arm mense hul gansvere aan rykes verkoop het en dan hulle bulsakke gestop het met die harde stele van die vere. Die vuurherd het die helfte van die huis ingeneem en die kinders het in die hoeke rondom die vuurherd geslaap.

Ek en Zuzana het die bokke gevoer met gras wat ons gepluk het. Een van die bokke was so vriendelik dat ek hom maklik as ‘n troeteldier kon aanhou. Zuzana het probeer om die ganse in die water te jaag en toe begin een van die ganse vir haar sis. Toe kom die heldhaftige hond tot haar redding deur die gans weg te jaag. Dit was ‘n Duitse herdershond wat vroer gehelp het om die skape aan te keer. Die hond was egter skaam vir mense. Daar was ook hoenders en hase in hokke.

Saterdag was die jagtersdag by die museumterrein. Ek het vroeg gegaan en die verskillende soetgoed wat te koop was, geniet. Die Walloniese “Frgál” is ‘n groot ronde, plat koek met verskillende vulsels. Die basis is van suurdeeg en mens kan kies tussen appel, peer, poppiesaad, bloubessie en roomkaasvulsels. Dit lyk soos ‘n soet pizza. Later het ons middagete by die jagtersfees geniet. Daar was baie stalletjies wat verskillende wildsvleisdisse verkoop het teen baie goedkoop pryse. Ons het elkvleis geet. Dit was heerlik sag en gebraai in krummels. Die elkvleis proe nie wild nie. Ons het ook bier geniet by die fees. By elke eetplek was ‘n orkes. Die musici was geklee in tradisionele klere. Ek was gefassineer deur die sagte leerskoene met lang leerrieme wat net onder die knie vasgemaak word. Diemusiekinstrumente was ook tradisioneel. Een insturment, ‘n soort kombinasie van ‘n drom en klokke, het gelyk soos ‘n besemstok met ‘n nargesig boaan. Later het ons ‘n kompetisie vir die blaas van jagtershorings bygewoon. Die jagters dra almal groen uniforms en het dikwels dasspelde gekerf uit bokhorings iewers aan die uniform. Dit is beslis ‘n lewendige tradisie met kinders en vrouens wat ook aan die kompetisie deelgeneem het. Die klank van die jagtershorings is eienaardig nostalgies en soet. Later die aand was die jagtersbal.

Die skansen by Roznov is deel van ‘n lewendige tradisie.Ten spyte van die verouderde klere en musiekinstrumente, het ek nie gevoel asof ek in ‘n nostalgiese museum was nie. Die ritmes van die seisoene word gevolg – Augustus is die jagseisoen en Desember die kersmark – so was dit en so sal dit wees.

Lianne Barnard

2003


© Catharina Loader 2001