Fotobeeld

Die ou wynplaas, Vergelegen (beteken "ver geleë")

Vergelegen is 'n wynplaas wat in 1700 deur goewerneur Willem Adriaan van der Stel aangelê is. Die Kaaps-Hollandse opstal, die tuine (met Kamferbome wat in ongeveer 1705 deur Van der Stel aangeplant is) en wynkelders is vandag nog toeristiese aantreklikhede. Na die aftrede van Goewerneur Simon van der Stel in 1699 het sy seun, Willem Adrian, goewerneur geword en ook die nuwe eienaar van die plaas. Daarna het die plaas aan verskeie eienaars behoort totdat dit vir honderd jaar in die besit was van die Theunissen-familie. Die wingerde het in dié tyd gedy. In 1917 het Sir Lionel Philips die landgoed vir sy vrou, Lady Florence, gekoop.

Die prag van die tuine is alombekend. Goewerneur van der Stel het talle bome aangeplant wat vandag as nasionale monumente verklaar is. Die foto's gee 'n idee van hoe indrukwekkend dié bome daar uitsien.

Die slaweklok is tiperend van destyds. Die ou slaweklok in die laaste foto het die roetine van die dag beheer het. Die slawe was onontbeerlik vir die destydse ekonomie. Hulle het in die wingerde en vrugteboorde gewerk en ook as as bouers, skrynwerkers, grofsmede, messelaars, verwers en strooidakbouers aangewend. Daar was meer slawe in die kolonie as Europeërs. In Stellenbosch en op die plase is slaweverkopings gehou en hulle was aan steng reëls onderworpe.

Bronne (23 Maart 2009)

Aantekeninge ingestuur deur Alet Steyn


© Catharina Loader 2001